Successfully reported
+33

Jabula Bush Camp

  • Kapasiteit: 48 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Dinokeng Game Reserve, Portion 81, Hammanskraal, 0040, Gauteng
  • Vanaf R2 749 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Jabula Bush Camp is 'n privaat boskamp in die Dinokeng Wildreservaat se bosveld wat deur 'n familie besit word. Die boskamp is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n wegbreek in die bos en die reservaat spog met die Groot 5 asook ander wild wat vrylik rondloop.

Verblyf by Jabula Bush Camp word in glanskamptente en kampeerplekke sonder 'n heining gebied.

Die glanskamptente is eko-vriendelik, gebruik sonkrag en bied elk slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders. Elke tent beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en die badkamer het 'n stort. Elke tent het 'n oopplan-leefarea met 'n slaapbank vir 2 klein kinders en 'n kombuis wat met 'n gasstoof en -yskas toegerus is. Elke glanskamptent spog ook met 'n dek, privaat plonspoel, braai-area en 'n vuurput.

Die karavaankampeerterrein is nie omhein nie en is naby 'n area waar die Groot 5 en ander wilde diere vrylik rondloop Gaste moet hulle eie karavane of sleepwaens saambring. Elke kampeerplek het 'n privaat ablusieblok en 'n buitestort. Gaste het ook toegang tot braaigeriewe, 'n vuurput en 'n gasgeiser. Let dat die kampeerplekke nie elektrisiteit het nie.

Gaste kan 'n selfbestuur-wildrit geniet, begeleide wildritte of staptoere bespreek, die restaurant in die reservaat besoek of die mikrovliegtuie en vele ander aktiwiteite in die reservaat ervaar.

Jabula Bush Camp is ongeveer 57 km vanaf Pretoria en 96,6 km vanaf O.R Tambo Internasionale Lughawe geleë.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 66 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Brichard P
Gesin met tieners
5.0
Rus vir die siel. Was vir ons as gesin die beste ervaring! Vriendelike diens. Die tent was skoon en goed toegerus. Jabula Bush Camp sien ons beslis we...
Sien meer
Okt 2025
Juandre V
Saam met lewensmaat
5.0
Jabula Bushcamp, lekker gerus in die natuur. Beslis 'n wenner vir almal. Jabula Bushcamp is pragtig skoon met ’n heerlike swembad, rus vir die siel – ...
Sien meer
Sep 2025
Chynelle F
Gesin met klein kinders
5.0
Perfect bush get away! We absolutely loved our bush break, it was so peaceful. And we loved watching the rugby at the Boma!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Antoinette D
Saam met vriende
5.0
Paradise. Where bush's beauty makes glamping a true escape. Tente is netjies, ten volle toegerus met 'n swembad (wat met die donkie verwarm kan word) ...
Sien meer
Apr 2025
Nikita N
Saam met vriende
5.0
A relaxing escape. We thoroughly enjoyed our weekend. The accommodation was clean, well equipped and the bed was very comfy. Thank you ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Lucia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 66

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Dinokeng Game Reserve, Portion 81, Hammanskraal, 0040, Gauteng
  • Gaste dink Jabula Bush Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 749
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 749
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 2 749
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 48 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Dinokeng Game Reserve, Portion 81, Hammanskraal, 0040, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA85f9ecbbf72286bc47146a48d4c63ef390d7516ffdbf1c85b815434640f337d7be15d5d2b8f514db99a0732aefe4a290660d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 749 per nag (plek vir 6) 66 5 1 5 Dinokeng Game Reserve Portion 81 0040 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -25.361136678191 28.355062563097

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang