Jabula
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R101, Groot Nysloog, Bela Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Jabula Chalet is 'n selfsorg-chalet in Bambelela Wildlife Rehab NPC and Vervet Monkey Rehabilitation in Bela Bela, Limpopo. Hierdie eenheid is 'n uitstekende keuse vir vriende en familie wat in die natuur wil ontspan.
Dié chalet het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders in 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n kinderbank vir 2. Die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel. Die sitkamer is ingerig met gemaklike sitplek.
Gaste het toegang tot 'n onderdakstoep wat met buitemeubels ingerig is, 'n gemeenskaplike swembad, veilige parkeerplek en 'n braai-area. Gaste is ook welkom om die doendinge op die perseel te geniet wat voëlkyk, begeleide staptogte, swem en wildkyk insluit. Gaste kan ook by ons begeleide rehabilitasietoer aansluit.
Bambelela is 20 km buite Bela-Bela geleë, 'n area wat veral bekend is vir sy warmwaterbronne, natuurlewe, staproetes en ikoniese besienswaardighede wat die bekende vakansieoord in die Waterberg-area van Limpopo insluit.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Silke Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 77
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- R101, Groot Nysloog, Bela Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Jabula het ’n goeie ligging
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R101, Groot Nysloog, Bela Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang