Successfully reported
+11

Jacaranda Lodge

  • Kapasiteit: 92 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 57 Voortrekker street, Polokwane, 0699, Limpopo
  • Vanaf R1 080 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Jacaranda Lodge bied gerieflike verblyf vir sakereisigers of gesinne. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na hartlike gasvryheid en professionele diens. Jacaranda Lodge is stapafstand van die middestad af en bied maklike toegang tot die N1. Die jakarandabome, waarna die lodge vernoem is, verander die sypaadjie in 'n magiese pers tapyt van September tot Desember.

Verblyf word gebied in luukse en standaard kamers waarvan elkeen 'n en suite-badkamer met 'n bad of stort het. Elke kamer beskik ook oor 'n TV met sekere DStv-kanale, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, lugversorging, ingeboude kaste, 'n spieëltafel en gratis WiFi.

'n Opsionele watertand buffet-ontbyt word daagliks in die groot eetsaal bedien en aandete is op versoek beskikbaar.

Jacaranda Lodge het 'n lekker lapa en braai-area waarvan gaste gebruik kan maak, asook 'n swembad en 'n groot tuin. 'n Smousoutomaat is in die ontvangsarea beskikbaar indien die hongerpyne te erg raak.

Die lodge het 2 volledig toegeruste konferensiekamers vir sakereisigers met sitplek vir tot 45 afgevaardigdes. Die konferensiekamers het lugversorging en 'n dataprojektor is beskikbaar.

Jacaranda Lodge bied 24 uur-sekuriteit, elektriese bedrading bo-op die muur om die perseel en onderdakparkeerplek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.0
Veiligheid
4.4

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Lorraine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 57 Voortrekker street, Polokwane, 0699, Limpopo
  • Gaste dink Jacaranda Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 080
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 080
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 080
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 92 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 57 Voortrekker street, Polokwane, 0699, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJjOTc3MjdlLWU2NzAtNDUyOC1hMWU5LTA2YzBhMzU2M2JjMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 080 per nag, vir 2 mense 13 5 1 5 57 Voortrekker street Polokwane 0699 Limpopo 021 201 8901 13:00-23:00 10:00 -23.908638877016 29.457516228172
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang