Successfully reported
+76

Jacobsbaai Boutique Glamping and Accommodation

  • Kapasiteit: 65 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Plot 307, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Vanaf R300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Jacobsbaai Boutique Glamping and Accommodation bied basiese verblyf in Jacobsbaai, halfpad tussen Vredenburg en Saldanhabaai. Hierdie rugsakreisigerslosies is ideaal vir verjaardagpartytjies, intieme troues, rampartytjies, spanbou-wegbreke of om sommer net te kom ontspan. Ons is naby verskeie geriewe en besienswaardighede, soos die Weskus Fossielpark, Weskus Nasionale Park, Paternoster en Langebaan.

Verblyf het slaapplek in slaapsale, A-raam-tente wat van hout gebou is, kampeerplekke, 'n kliphuis, dubbel- en 2-enkelbedkamers. Elk van die kamers het 'n dubbelbed, enkelbeddens of stapelbeddens en daar is gemeenskaplike warmwaterstorte. Gaste is natuurlik ook welkom om gebruik te maak van die gemeenskaplike kombuis wat goed toegerus is vir selfsorg.

Verder is daar braaiplekke binne en buite, 'n ommuurde lapa met 'n platskerm-TV, DStv en 'n klankstelsel. Sakelui sal in hul skik wees met die konferensiegeriewe.

Daar is ook 'n speelarea vir kinders en die kantoor kan vir julle enige plaaslike toere reël. Die winkel verkoop ys, vuurmaakhout en die geskenkewinkel en kuriowinkel verkoop feëtjies, droomvangers en kinderspeelgoed. Die vetplantkwekery verkoop ook 'n verskeidenheid kaktusse, vetplante, inheemse plante en rotskuns. Jacobs Bay Backpackers, The Pixie and Fairy Village, The West Coast Labyrinth en die vetplantkwekery is almal op dieselfde erf.

Parkeerplek is beskikbaar op die perseel. Jacobs Bay Backpackers is lekker naby die strand, winkels, restaurante op die dorp, doendinge en verskeie toere wat gereël kan word.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 73 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.4
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Sonette M
Gesin met tieners
5.0
Magical. Awesome time with all the faeries, gnomes and goblins. What a friendly, happy bunch. Well worth it, great place for budget tra...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Sanja C
Saam met lewensmaat
5.0
Baie oulike en luukse plek. Naby Feëjieland. Sien sterre.
Aug 2025
Nikki D
Gesin met tieners
5.0
Super affordable hidden gem on the West Coast. A lovely hidden gem with the most beautiful garden setting. We stayed in the stone cotta...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Lizette B
Saam met lewensmaat
5.0
Terdee geniet. Plek baie netjies en veilig. Personnel baie behulpsaam. Sal weer kom, dalk net toiletgeriewe op sit by camping.
Jan 2025
Sanette B
Saam met lewensmaat
5.0
Ek sal nooit weer in 'n hotel gaan oorbly nie. Te lekker. Dis soos ek sê ek sal nie weer in 'n hotel oorbly nie en kom eerder daarheen.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Candice Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 73

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Plot 307, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jacobsbaai Boutique Glamping and Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 65 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Plot 307, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaa80dd267c4bc61fa8bfdef6dcae3f2d538903c80ea90e32b9d843dc3e522e10a892cc41d8fc9d2a455c06e3a17ff767f8f5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R300 per nag, vir 2 mense 73 5 1 5 Plot 307 Jacobsbaai 7380 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -32.96282923939 17.894101440788
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang