Successfully reported
+42

Jansen House Boutique Manor

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 9 King Street, Irene Security Estate, Centurion, 0157, Gauteng
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Jansen House Boutique Manor is 'n historiese gastehuis met 'n ouskool-bekoring. Dit is in die luukse en veilige area, Irene, geleë en is naby verskeie sakedistrikte en groot toegangsweë geleë.

Die stylvolle verblyf bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 6 smaakvol gemeubileerde slaapkamers met privaat ingange. Die slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die kamers is toegerus met 'n TV, DStv, 'n yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Bykomende geriewe sluit 'n Weber-braai, gratis WiFi en veilige parkeerplek agter 'n elektriese hek in. Sonpanele met batterye bied ononderbroke krag, TV en internet.

Irene is naby verskeie sakedistrikte geleë en bied maklike toegang tot die R21- en N1-hoofweë. Die gastehuis is net 25 minute se ry van die O.R. Tambo Internasionale Lughawe en vervoer kan gereël word. Dit is gerieflik geleë naby die sakegebiede Groenkloof, Brooklyn, Centurion en Midrand. Die Roete 21 Corporate Park en die Highveld Techno Park is binne 'n radius van 5 km van die gastehuis af. Dit is ook naby groot winkelsentrums soos Irene Village Mall, Southdowns, Menlyn Park en Brooklyn Mall geleë. Verskeie restaurante is naby geleë, met die bekende Irene Bistro en Irene Dairy Farm binne stapafstand. Vir sportliefhebbers is die Irene Buiteklub binne 3 km van die gastehuis af en bied 'n 18 putjie-gholfbaan, 6 tennisbane, rolbal- en muurbalbane in 'n parkagtige omgewing.

Irene is 'n stil, veilige area en die boomryke woonbuurt maak dit ideaal vir gaste om fiets te ry of vroegoggend te gaan draf, of net 'n rustige wandeling te geniet terwyl hulle die voëllewe in die omgewing geniet.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 42 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Marius V
5.0
Weer daar bly. Fantasties gebly, sien weer.
Mei 2025
Clarissa H
Saam met vriende
5.0
Ongelooflik, lekker, vriendelik. So lekker gebly. Kamer en diens was ongelooflik en sal weer hier bly en aanbeveel.
Okt 2024
Sean S
Saam met lewensmaat
5.0
Definitely recommend. Most enjoyable, safe, secure, peaceful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Henk K
Besigheidsreis
5.0
Netjies, skoon, gerieflike kamers. Spesiale dank aan Emma vir uitstekende diens. Netjies, skoon en gerieflike kamers. Spesiale dank aan Emma vir haar ...
Sien meer
Feb 2024
Arno G
4.8
Rustige luukse aangename verblyf. Rustige stil omgewing. Die kamer was luuks, skoon en netjies. Die WiFi was vinnig. Die ondervloerse verhitting was h...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Chris Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 42

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 9 King Street, Irene Security Estate, Centurion, 0157, Gauteng
  • Gaste dink Jansen House Boutique Manor het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 600
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 600
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 9 King Street, Irene Security Estate, Centurion, 0157, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA514770feff9800acd773ac0c106fed80982f01f601fa0519c6282146bfe8c2c398c708dda36f209152d0eedf9b5d3e12c89f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense 42 5 1 5 9 King Street Irene Security Estate 0157 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.875672398999 28.219563373016
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang