Successfully reported
+79

Kamp Schelmhoek in Frieden

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schelmhoekplaas, Moordenaars Karoo, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Vanaf R300 R270 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kamp Schelmhoek in Frieden is ideaal vir gaste wat op soek is na rustigheid en natuurlike skoonheid eie aan die Karoo. Dié plaas is in die Moordenaars Karoo-streek in Laingsburg, 42km vanaf die dorp.

Die Bosduif- en die Mossie-tent het elk 'n dubbelbedmatras en toegang tot die gemeenskaplike ablusieblok met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tentstaanplek het slegs 'n waterpunt, privaat parkeerplek en 'n braai-area. Daar is 'n boma/lapa waar almal saam kan kuier.

Die kombuis is met 'n gasstoof, wasbak, eetgerei en yskas toegerus. Daar is bordspeletjies en 'n eerlikheidsboks met gepekelde en ander items. Hout is beskikbaar.

Die Skilpad-karavaan bied slaapplek aan 2 gaste met beddegoed en eetgerei en 'n gasstoof. Gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die Wild-kampeerarea is geskik vir kampeerders wat onafhanklik en op hul eie op die plaas wil kamp. Gaste kan enige plek langs die 4x4-roete met ruwe terrein, buite die res van die kampeerplekke, kies.

Die verblyf is troeteldiervriendelik en onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk. Daar word sonkragligte voorsien. WiFi is nie beskikbaar nie, maar sekere dele van die plaas het selfoonopvangs.

Daar is 'n swembad waar gaste op 'n warm dag kan afkoel en sommer ook braai. Gaste kan putt-putt speel, gaan stap, draf, fietsry, vierwielmotorfietsry of sterrekyk. Daar is 'n kinderfietsrybaan en gaste kan dalk wilde diere sien.

Daar is 4x4-roetes wat oor 31 km strek, asook 'n roete vir 2x4-voertuie, wat 8 km lank is. Gaste kan 'n afspraak maak om hierdie roetes te verken.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Estelle D
Saam met vriende
5.0
Onoortreflike, ongelooflike en baie besondere ervaring. Ons het ons kuier daar baie geniet - skoon netjiese verblyf met alles wat mens benodig en baie...
Sien meer
Apr 2025
Willem H
Saam met lewensmaat
5.0
Something extraordinary. Dirk and Rali have truly crafted something extraordinary with their campsite. The grounds were immaculate, and...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Philip W
5.0
Highly recommend. Excellent. Great campsite. Awesome 4x4 trail.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Gerhard D
Saam met lewensmaat
5.0
Los social media en gaan karoo toe. Baie dankie. Die plek is puik. Alles wat ek nodig het. Vat net handdoeke saam. Lekker swembad. Dankie vir die ys. ...
Sien meer
Des 2024
Wildre F
Gesin met tieners
5.0
Asemrowend! Dit was absoluut fantasties! Soveel staproetes en fietsbaan vir die kinders. Ons was nog nooit by so wonderlike kampterrein nie. Warm stor...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ralie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Schelmhoekplaas, Moordenaars Karoo, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kamp Schelmhoek in Frieden het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R300
R 300 R 270
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R300
R 300 R 270
per nag, vir 2 mense
Vanaf R300
R 300 R 270
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schelmhoekplaas, Moordenaars Karoo, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeeb7a038148afe175ee5fe094c34d3445f8034a130ef1aeb98f969cb3da875e82fa6569de32d2bc548776a597d64ac1cf982?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R300 nouVanaf R270 per nag, vir 2 mense 9 5 1 5 Schelmhoekplaas Moordenaars Karoo 6900 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.990573019808 20.915849804878
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang