Successfully reported
+69

Karibu River Retreat

  • Kapasiteit: 29 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion J63, Toitskraal, Marble Hall, 0450, Limpopo
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Karibu River Retreat en Game Lodge is in 'n stukkie bosveldparadys weerskante van die Elandsrivier, 18 km vanaf Marble Hall. Dit bied gerieflike verblyf aan sakereisigers, kontrakteurs, vakansiegangers en oornaggaste. Karibu River Retreat is ook slegs 15 km vanaf Siyabuswa waar die satelietkampus van die Universiteit van Mpumalanga is.

Die River Retreat aan die een kant van die rivier bied slaapplek vir tot 18 gaste in 5 eenhede wat smaakvol versier is. Al die eenhede beskik oor ’n privaat badkamer, satelliet platskerm-TV, yskassie, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, toiletware, 'n haardroër en plafonwaaier. Daar is ook 'n sakpas-tweeslaapkamereenheid wat 'n badkamer deel en het 'n ruim oopplan-kombuis en -leefarea. Die River Retreat kan ook as 'n geheel bespreek word vir gaste wat 'n privaat funksie saam met familie of vriende wil geniet.

Die swembad, boma, lapa en binnebraaigeriewe is beskikbaar vir gaste se gebruik. Gaste kan ook hul eie vleis by die kampvuur braai.

Karibu River Retreat het WiFi en 'n omsetter vir tydens beurtkrag.

Aan die oorkant van die Elandsrivier, kan gaste op die wildsplaas in 4 selfsorg-chalets bly wat geposisioneer is om die watergat te sien waar diere kom drink. Elke chalet het 'n goed toegeruste kombuis met ’n yskas, mikrogolfoond, gasstoof en die nodige kombuisware, privaat braaigeriewe en 'n heerlike patio. Die chalets het ook plafonwaaiers en gasgeisers. Hiér is nie tans WiFi of 'n rugsteunkragstelsel nie. Die omsetter voorsien slegs krag aan die boorgat en drukpomp vir watertoevoer.

Gaste kan gaan stap, bergfietsry of met hul eie voertuie wildkyk. Daar is meer as 50 voëlspesies op die plaas en 3 damme vir visvang.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Hilda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Portion J63, Toitskraal, Marble Hall, 0450, Limpopo
  • Gaste dink Karibu River Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 29 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion J63, Toitskraal, Marble Hall, 0450, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAPMjqg1ST32jk6GscWBQOYDy65hl2yukln97kReyHEr4TrZdAYK?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 27 5 1 5 Portion J63 Toitskraal 0450 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.028353825117 29.151533353741

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang