Successfully reported
+106

Karoo Karos

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 38 Albert Street, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Karoo Karos is 'n bekoorlike Georgiaanse selfsorghuis in die klein dorpie, Ladismith in die Klein-Karoo.

Die huis het slaapplek vir 11 gaste in 3 kothuise en 1 en-suite slaapkamer met 'n privaat ingang van buite die hoofhuis. Die slaapkamer en die kothuise word elkeen as 'n afsonderlike selfsorgeenheid verhuur.

Die slaapkamer, Mont Blanc, in die hoofhuis het 'n privaat ingang van buite die huis, 3 enkelbeddens waarvan 2 in 'n dubbelbed omskep kan word, en sy eie aparte badkamer. Daar is 'n TV, yskas en ketel, maar geen volle selfsorggeriewe vir kosvoorbereiding nie. Daar is wel 'n mikrogolfoond. Op die onderdakstoep is daar 'n tafel waar gaste kan eet. Die stoep het ook twee gemakstoele en 'n uitsig op die Swartberge. Die res van die huis word deur die eienaars bewoon, maar dit maak geen inbreuk op die privaatheid van gaste nie.

Cabernet beskik oor 3 enkelbeddens waarvan 2 in 'n dubbelbed omskep kan word. Die kothuis het 'n en-suite badkamer en lugversorging. Die klein kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, en 'n oondjie met 'n tweeplaatstofie en eetgerei toegerus. Dit het 'n privaat onderdakstoep met 'n pragtige uitsig op die Swartberge.

Witvy het 'n privaat slaapkamer en slaapplek vir 3 gaste, maar bied 1 verdere slaapplek in die sitarea op 'n enkel-divan. Geadverteerde pryse berus op die hoeveelheid persone. Witvy is volledig toegerus met 'n yskas, TV, mikrogolf, stofie en oond, en eetgerei. Daar is 1 badkamer en lugversorging. Geriewe word afgerond met 'n kuierafdak, toegerus met 'n ou houtstoof vir die koue winteraande.

Karoo Kraaltjie Deluxe is baie ruim en beskik oor een slaapkamer en aparte badkamer. Daar is 'n oopplan-sitkamer met lugversorging en 'n kombuis met 'n etenstafel. Buite is daar 'n privaat stoep, braaigeriewe, en 'n vuurpit. Daar is geen TV nie, slegs 'n radio en WiFi is beskikbaar.

Ander geriewe sluit gratis WiFi, koffie- en teemaakgeriewe in elke eenheid, 'n koolstoof, braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel in. Die verblyf het sonkrag en word nie deur beurtkrag geraak nie. Daar is verskeie restaurante, 'n kafee, 'n en supermarkte binne loopafstand, asook 2 kaasfabrieke en vars vrugte in seisoen.

Besienswaardighede in die omgewing sluit Seweweekspoort en Towerkop in. Voëlkyk is ook gewild. Daar is ook verskeie warmbronne, en geleentheid vir fietsry en bergklim. Kom geniet die stilte, die sterre, ons pragtige natuurskoon en berge, of ontspan net op die stoep of om die vuur.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 168 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Olivia S
Saam met vriende
5.0
Vriendelik, gasvry en rustig. Ideale oornag vir enkelpersone - baie rustig en stil.
Sep 2025
Martin A
5.0
Een van die beste plekke waar ek al ooit gebly het, sal dit enige tyd aanbeveel. Besonderse blyplek. Goed uitgelê, smaakvolle dekor, en baie netjies. ...
Sien meer
Sep 2025
Dirkie W
5.0
Ons het na 'n huis in die dorp kom kyk. Heerlik rustig geslaap, dankie! Dit was ook besonder netjies.
Sep 2025
John W
Saam met lewensmaat
5.0
Clean, quiet and friendly. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Jj S
Gesin met tieners
5.0
Baie netjies en gerieflik. Ons het baie lekker en gerieflik gekuier. Oom Norman en Tannie Sina, julle is die beste, so groot voorreg om julle te ontmo...
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Willem Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 168

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 38 Albert Street, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Karoo Karos het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 38 Albert Street, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU2NGUzMzE0LTVkYjItNDRkOS1hMjhlLWUxMmMyMDk1YjY3MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 168 5 1 5 38 Albert Street Ladismith 6655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.496204948807 21.26836090802

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang