Successfully reported
+106

Karoo Karos

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 38 Albert Street, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Karoo Karos is 'n bekoorlike Georgiese selfsorghuis in die klein dorpie Ladismith in die Klein-Karoo.

Die eiendom kan tot 11 gaste akkommodeer in 1 en suite-slaapkamer in die hoofhuis asook 3 kothuise. Die slaapkamers en kothuise word as aparte eenhede bespreek.

Die slaapkamer in die hoofhuis Mont Blanc beskik oor 3 enkelbeddens waarvan 2 in 'n dubbelbed omskep kan word indien nodig. Die slaapkamer het ook sy eie aparte badkamer. Ander geriewe sluit 'n yskas en 'n ketel in, maar geen selfsorggeriewe om kos voor te berei nie. Die onderdakstoep het 'n etenstafel, 2 gemakstoele en uitsigte oor die Swartberge. Die gasheer woon ook in hierdie huis, maar hulle sal nie die gaste steur nie.

Cabernet is ingerig met 3 enkelbeddens waarvan 2 in 'n dubbelbed omskep kan word. Die kothuis het ook 'n en suite-badkamer en lugversorging. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, oondjie met 'n tweeplaatstoof en eetgerei. Dit het ook 'n privaat onderdakstoep met 'n uitsig oor die Swartberge.

Witvy het slaapplek vir 3 gaste asook 'n enkeldivan en 'n slaapbank in die sitkamer vir nog 2 gaste. Die tarief is gebaseer op 3 gaste, maar kan aangepas word indien meer as 3 gaste bespreek. Dit is volledig toegerus met 'n yskas, TV, mikrogolf, mini-stoof en oond asook eetgerei. Die eenheid het 1 badkamer en lugversorging. Die kothuis het ook 'n beskutte vermaakarea met 'n houtoond vir winteraande.

Karoo Kraaltjie Deluxe is ruim en het 1 slaapkamer met 'n aparte badkamer. Daar is 'n oopplan-sitkamer met lugversorging en 'n kombuis met 'n etenstafel. Buite is daar 'n privaat patio, braaigeriewe en 'n vuurput. Daar is geen TV nie, net 'n radio en WiFi is beskikbaar.

Bykomende geriewe sluit gratis WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n koolstoof, braaigeriewe en onderdakparkeerplek op die perseel in. Die verblyf is toegerus met sonkrag en word nie deur beurtkrag geraak nie. Daar is verskeie restaurante, 'n kafee, Steers en Spar binne stapafstand vanaf die eiendom, asook 2 kaasfabrieke en vars vrugte in seisoen.

Nabygeleë besienswaardighede sluit Towerkop en Seweweekspoort in. Die area bied verskeie warmwaterbronne asook geleenthede vir fietsritte en bergklim. Gaste kan die stil platteland, sterre nagte, natuurskoon en berge geniet of sommer net op die stoep of om die vuur ontspan.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 168 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Olivia S
Saam met vriende
5.0
Vriendelik, gasvry en rustig. Ideale oornag vir enkelpersone - baie rustig en stil.
Sep 2025
Martin A
5.0
Een van die beste plekke waar ek al ooit gebly het, sal dit enige tyd aanbeveel. Besonderse blyplek. Goed uitgelê, smaakvolle dekor, en baie netjies. ...
Sien meer
Sep 2025
Dirkie W
5.0
Ons het na 'n huis in die dorp kom kyk. Heerlik rustig geslaap, dankie! Dit was ook besonder netjies.
Sep 2025
John W
Saam met lewensmaat
5.0
Clean, quiet and friendly. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Jj S
Gesin met tieners
5.0
Baie netjies en gerieflik. Ons het baie lekker en gerieflik gekuier. Oom Norman en Tannie Sina, julle is die beste, so groot voorreg om julle te ontmo...
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Willem Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 168

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 38 Albert Street, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Karoo Karos het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 950
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 38 Albert Street, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU2NGUzMzE0LTVkYjItNDRkOS1hMjhlLWUxMmMyMDk1YjY3MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 168 5 1 5 38 Albert Street Ladismith 6655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.496204948807 21.26836090802

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang