Successfully reported
+31

KarooRus

  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 93 Middle Street, Graaff Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

In die hartjie van Graaff-Reinet staan KarooRus, 'n pragtige, opgeknapte huis wat 7 selfsorg-eenhede bied. Ongeag of jy vir plesier of besigheid die dorp besoek, bied KarooRus 'n plek waar jy kan rus en jou batterye herlaai in luukse, sonder om jou sak te ruk.

Daar is 7 luukse selfsorg-eenhede. Elke eenheid het sy eie ingang. Daar is veilige parkeerplek op die perseel, braaigeriewe, en daar is 'n rolstoelvriendelike eenheid beskikbaar.

Elke eenheid het lugversorging, 'n kombuisie en ontbythoekie met kooktoebehore en eetgerei, 'n mikrogolfoond en tweeplaatstofie, komplimentêre tee en koffie, 'n privaat en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, 'n koningingrootte-bed en/of enkelbeddens, duvets, lakens, sponskussings en ekstra komberse, handdoeke, 'n platskerm-TV met DStv, 'n haardroër, klerekas en radiowekker.

Graaff-Reinet is 'n sonderlinge dorpie in die Karoo met genoeg oulike winkels, restaurante en museums om jou vir dae besig te hou. Die dorp word omring deur 'n natuurreservaat en dit dra by tot die kalmte wat in die dorp heers.

KarooRus is in die hartjie van Graaff-Reinet geleë. Die meeste restaurante, museums en winkels is net 5 minute se stap ver.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 308 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Ockert A
Gesin met klein kinders
5.0
Netjies en skoon. Sal vir seker weer oorbly.
Okt 2025
Kendra-lynn R
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik! Ons het baie lekker gebly!
Aug 2025
Chris H
Saam met lewensmaat
5.0
Alle reëlings en inligting is vooraf verskaf. Ons kon net aankom en 'intrek'. Heerlik uitgerus. Vriendelike diens.
Aug 2025
Susan W
5.0
10/10. Ek beveel Karoorus met 'n geruste hart aan, veilig, skoon en netjies. Vriendelike diens. Daar is parkering binne in die erf, waar jou motor en ...
Sien meer
Jul 2025
Hermanus P
Saam met lewensmaat
5.0
Baie keurig en mooi plekkie. KarooRus was inderdaad 'n knus en lekker oorblyplek. Die toegang proses was maklik en parkering was veilig agter in die e...
Sien meer
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Bennie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 355

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 93 Middle Street, Graaff Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink KarooRus het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 93 Middle Street, Graaff Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA12106b183b3dd2864b60dc6e344142fb613f4c8383afae68e4230ae5e109bc4b504111d85329b79b6001329807dad200f3fd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 308 5 1 5 93 Middle Street Graaff Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -32.255552327906 24.532309770584

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang