Successfully reported
+69

Katberg Mountain Resort & Hotel

  • Kapasiteit: 61 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R351, Katberg Pass near Fort Beaufort, Katberg, 2410, Oos-Kaap
  • Vanaf R2 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Die Katberg Mountain Resort en Hotel is op 'n skouspelagtige landgoed van 400 hektaar hoog teen die Winterberge geleë. Hierdie rustige berg-toevlugsoord kombineer gerieflike verblyf en 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan. Katberg Mountain Resort and Hotel is 'n bestemming wat op gesinne en buitelug-aktiwiteite fokus, en spog met gesinsaktiwiteite in 'n veilige en pragtige omgewing.

Verblyf word in standaard- en luukse kamers, gesinskamers en 'n wittebroodsuite gebied, elk met 'n privaat en suite-badkamer en koffie- en teemaakgeriewe. Daar is ook 'n drieslaapkamer-selfsorghuis op die gholflandgoed met sy eie kombuisgeriewe en 'n leefarea. Gaste meot asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.

Dié oord, aan die voet van die majestueuse Katberge met groot grasperke en tuine, bied uitstekende kort staproetes en langer voetslaanroetes vir avontuurlustiges. Ander sportsoorte en aktiwiteite soos tennis, muurbal, rolbal, gholf, swem, bergfietsry, velddraf en visvang, maak Katberg Mountain Resort 'n gunsteling onder gesinne, groepe en diegene wat van die buitelewe hou. Daar is ook kinder-aktiwiteite, aangewese kinderspeelareas en 'n swembad.

Bykomende geriewe, soos die Poolside Café, die hotelrestaurant en -kroeg, en opsies soos 'n piekniek om saam te vat wanneer gaste visvang of voetslaan, dra alles by tot die pret wat Katberg Mountain Resort and Hotel bied. Gaste kan skemerkelkies op verskillende plekke geniet en die pragtige uitsig bewonder, saam met ander gaste kuier en die bekende gasvryheid van die Oos-Kaap geniet. Koue winters met knus vure in die hotel bied 'n warm en gesellige atmosfeer vir speletjies, ontspanning en plesier.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.2
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Neil Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Off the R351, Katberg Pass near Fort Beaufort, Katberg, 2410, Oos-Kaap
  • Gaste dink Katberg Mountain Resort & Hotel het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 100
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 2 100
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 61 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Off the R351, Katberg Pass near Fort Beaufort, Katberg, 2410, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9c1038001a8d57a1a076cae6792772eabc562c4f3df47ce29958a894bf18c87c23b5165bb3b5adc2a4d05b5365d692dc038f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag, vir 2 mense 5 5 1 5 Off the R351 Katberg Pass near Fort Beaufort 2410 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.488428375433 26.681317394135
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang