Successfully reported
+36

Kathuhari Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Setperk Street, Kalahari Gholf and Hunting Estate, Kathu, 8446, Noord-Kaap
  • Vanaf R2 880 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Kathuhari Guesthouse is 'n luukse gastehuis wat in die hartjie van die beskermde Kameeldoringboomwoud op die Kalahari Gholf- en Jaglandgoed geleë is. Geleë tussen die bekende kameeldoringbome en die Sishen Gholfbaan, bied hierdie gastehuis sy skouspelagtige uitsigte en ligging.

Elkeen van die 7 luukse, individueel versierde slaapkamers, met en suite-badkamers en skouspelagtige uitsigte, sal 'n onvergeetlike verblyf verseker. Alle slaapkamers het hul eie privaat patio vanwaar die manjifieke sonsondergange geniet kan word, of waar mens sommer met 'n skemerkelkie kan ontspan en kyk hoe die gholfspelers tussen die bekende Kameeldoringbome verbyry. Kenmerke in die kamer sluit kraakvars wit perkallatellakens, uitstaande gehalte matrasse, yskas met eerlikheidskroeg, lugversorging, kluis en 'n platskerm-TV in. Die Presidensiële Suite is subliem en spog met 'n privaat plonspoel en uitstekende uitsigte oor die landgoed.

Ontbyt word in 'n elegante en ruim eetkamer bedien en op spesiale versoek sal aandete in die Kameeldoring-boma bedien word, waar gaste heerlik kan sterrekyk.

Die eiendom is naby The Sishen Gholfklubhuis geleë, waar gaste die restaurant, kroeg, konferensie- en funksiegeriewe kan geniet, asook 'n moderne gimnasium met verhitte swembad, tennis- en muurbalbane.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Lezanne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 6 Setperk Street, Kalahari Gholf and Hunting Estate, Kathu, 8446, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kathuhari Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 880
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 880
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 2 880
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Setperk Street, Kalahari Gholf and Hunting Estate, Kathu, 8446, Noord-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5a0522e1b55b19194abca7105843b122e8e4842bcaf4bc7bf8f66db46716aef916cffe809e6824c54a66aff0a3fe6e7906ef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 880 per nag, vir 2 mense 9 5 1 5 6 Setperk Street Kalahari Gholf and Hunting Estate 8446 Noord-Kaap 021 201 8901 16:00-21:00 10:00 -27.683164777409 23.055071353847
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang