Kayleeway Apartment 2
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 26A Queens Road, Kayleeway Apartment 2, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
- Vanaf R3 220 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
            Kayleeway Apartment 2 bied gerieflike selfsorgverblyf in Bantrybaai in 'n smaakvol versierde woonstel in 'n boetiek-woonstelblok wat oor 11 moderne eenhede beskik. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede. 
Die woonstel het 3 slaapkamers en slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n aparte gastetoilet langs die leefarea. Gehaltebeddegoed, -linne, -strand- en -badhanddoeke word voorsien en daar is ook toiletgeriewe. 
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, 'n Nespresso-koffiemasjien, eetgerei en breekware toegerus en basiese geriewe soos tee, koffie, melk en suiker word met aankoms voorsien. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien-tuimeldroër is ook beskikbaar. 
Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis vinnige WiFi word ook voorsien.
Die woonstelgebou bied 24 uur-sekuriteit en het geslotekringtelevisie en elektroniese sleutelboksies by die deure. Die woonstel het ook sy eie parkeerplek. 
Die woonstelgebou is sentraal geleë op die grens van Seepunt en Bantrybaai, net 'n kort entjie se stap van die Seepunt-promenade af. Dit bied maklike toegang tot verskeie top-restaurante, koffiewinkels en geriefswinkels en is ideaal vir gesinne en vir sakereisigers.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Barbara-Ann Geverifieer
Eiendomme 30
Resensies 49
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 26A Queens Road, Kayleeway Apartment 2, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
- Gaste dink Kayleeway Apartment 2 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
 Uitkloktyd: 10:00
- Adres: 26A Queens Road, Kayleeway Apartment 2, Cape Town, 8005, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang