Namagong
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kiaat 349, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R3 440 per nag, vir 12 mense
Beskrywing
Namagong is 'n ruim en lieflike selfsorgvakansiehuis in die hartjie van die bosveld in Marloth Park. Dit grens aan Lionspruit Wildreservaat en is 'n wonderlike opsie vir 'n wegbreek saam met familie en vriende, aangesien hierdie huis ook bederf met 'n uitnodigende swembad wat ideaal is vir die somer.
Hierdie eiendom kan gemaklik altesaam 13 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 2 en suite-slaapkamers asook 'n boonste spasie met ekstra beddens. Albei slaapkamers is ingerig met 'n dubbelbed en albei badkamers is toegerus met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die boonste ruimte het 6 enkelbeddens, 'n dubbelbed en 'n enkelslaapbank. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n tweeplaatgasstoof, elektriese stoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel en 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV. Hierdie spasie het ook 'n pooltafel wat in 'n tafeltennistafel omskep kan word.
Hierdie leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand terwyl jy 'n braai geniet. Hierdie patio lei af na die swembad waar gaste kan afkoel op daardie warm somersdae. Gaste kan gelukkig genoeg wees om besoeke van kameelperde, sebras, rooibokke, blouwildebeeste, koedoes, vlakvarke en selfs luiperds te sien.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Leefarea
6 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Francois Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Kiaat 349, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Namagong het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kiaat 349, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang