Successfully reported
+29

Kiburi Cottage @ Kruger

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2225 Sekelbos Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R920 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Kiburi Cottage @ Kruger bied knus selfsorgverblyf in die hartjie van die bosveld in Marloth Park. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n wegbreek saam met die gesin aangesien hierdie kothuis 'n lieflike buite-area met 'n uitnodigende plonspoel het.

Dié kothuis het slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 'n oopplan-ontwerp. Dit is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne word voorsien; gaste word egter verplig om hul eie handdoeke saam te bring.

Die oulike leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is gemaklike sitplek waar gaste met 'n boek kan ontspan.

Buite is daar 'n wonderlike spasie met 'n uitnodigende plonspoel en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand terwyl die vuur brand. Gaste kan die gereelde besoeke van die bosvelddiere geniet.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Stroomdienste
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Ockie K
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik heerlike verbly. Sal weer kom. Dit was 'n bo-verwagting lekker bly. Rustig, na aan die natuur en baie akkommoderende en vriendelike gashee...
Sien meer
Jun 2025
Annelize S
Gesin met tieners
5.0
Goeie rus vir die siel. Pragtige plekkie met alles wat jy benodig. So mooi om in die oggend wakker te word met die bokke, blouwildebeeste, zebras en v...
Sien meer
Mei 2025
Heinz D
Saam met lewensmaat
5.0
It was great. We enjoyed the stay, friendly people and lots of animals that were also friendly.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2025
Susan V
5.0
Heerlike rustige plekkie en omgewing vir 'n wegbreek. Swembad 'n lafenis gewees. Heerlike ontspanning.
Jan 2025
Jwe P
Gesin met tieners
5.0
Heerlik, stil, privaat, skoon & netjies. Ons het vreeslik lekker gebly, plekkie is goed ingerig, privaat, baie wild het kom kuier, vriendelike, behulp...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Christa Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 12

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 2225 Sekelbos Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Kiburi Cottage @ Kruger het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 920
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 920
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 920
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2225 Sekelbos Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd0a33de551053bd7a6e33999f63ab2664e8b60056e534cf31215ed290275217fa3a4c6621dfa90bc05654491540c3b3b60f7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R920 per nag (plek vir 4) 11 5 1 5 2225 Sekelbos Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.34706591589 31.778824455225

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang