Successfully reported
+33

Kinmel Guest Farm

Weeksdagaanbod 15% af

Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Feb 2025 tot 30 Nov 2025.

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Kinmel, Rhodes, 9787, Oos-Kaap
  • Vanaf R800 R680 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kinmel Guest Farm is net buite die prentjiemooi dorpie Rhodes geleë en bied 'n uitsig oor die uitgestrekte velde aan die voorheuwels van die Suidelike Drakensberge. Die plaas kan slegs via 'n grondpad bereik word.

Verblyf is beskikbaar in 2 aparte, gerieflike selfsorg-chalets wat apart of saam vir groter groepe of familie-vakansies bespreek kan word. Elke chalet het 3 slaapkamers, 2 vol badkamers, 'n toegeruste kombuis, 'n kaggel, en 'n stoep met braaigeriewe en 'n uitsig oor die uitgestrekte grasperk.

Kinmel Guest Farm is 'n werkende en aktiewe plaas. Die talle skape wat blêr dra by tot die plaas se rustige en verfrissende atmosfeer en die forel swem in die plaas se kristalhelder persoonlike deel van die Bellrivier, 'n kort entjie van die chalet af wat dit die ideale plek vir kunsvlieghengel maak.

Kinmel Guest Farm is ideaal in die hartjie van sekere van Suid-Afrika se mees besonderse bergpasse geleë. Dis naby die voet van Naude's Nek-pas en net 20 km vanaf die Tiffindell Ski-oord en die heuwel van Ben McDhui - die hoogste piek in die Kaap.

Gaste wat in die dag gaan stap kan moontlik 'n vlugtige blik kry van die bedreigde baardaasvoël, asook verskeie ander wild en skouspelagtige flora. Die aand bied ongeëwenaarde sterrekykery en in die winter kan die grasperk in 'n sneeubedekte sprokiesland ontaard.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 96 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Philip S
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike kuier. Baie netjies en skoon. Veilig en rustige atmosfeer. Mooi staproetes. Alles beskikbaar om selfsorg toe te pas.
Apr 2025
Annestien L
Gesin met tieners
5.0
Rustige stil omgewing vir ontspanning en herlaai. Heerlike rustige verblyf! So lekker ontspan en net rus. Lieflike uitsig en rustigheid van berge en p...
Sien meer
Des 2024
Carien S
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, mooi natuurskoon. Verblyf was fantasties.
Sep 2024
Debbie H
Saam met vriende
4.8
Basic amenities. Friendly, helpful host. Pleasant stay. Basic amenities. Friendly, helpful host. Pleasant stay. A bit of a haul to the ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Clive M
Saam met vriende
4.8
Peaceful tranquil setting conducive to outdoor living. The rural country setting was beautiful. The only downside to Kinmel is that the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Willem Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 96

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Farm Kinmel, Rhodes, 9787, Oos-Kaap
  • Gaste dink Kinmel Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
R 800 R 680
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R800
R 800 R 680
per nag, vir 2 mense
Vanaf R800
R 800 R 680
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Kinmel, Rhodes, 9787, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA92342099f7d4d9054cf98157a494dc108622c16522e4b021434e32b74e901983e885e1c602c60769a4ae9ce033f4c32f7aad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R800 nouVanaf R680 per nag, vir 2 mense 96 5 1 5 Farm Kinmel Rhodes 9787 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -30.790373162158 27.977414131165
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang