Successfully reported
+28

Kleine Kaap

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    5 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Attiesdraai Farm, Karoo, 50 km from Hopetown, 8752, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Kleine Kaap is 'n ruim selfsorgeenheid op 'n werkende besproeiingsplaas in die Noord-Kaap, Bo-Karoo-streek. Dit is net 7,4 km van Orania af, asook 50 km van Hopetown af. Hier kan gaste ontspan, al is dit net om rustig te oornag voor hulle weer die langpad see of huis toe aanpak.

Die huis bied slaapplek aan 5 volwassenes en 1 kind en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n enkelbed sowel as 'n addisionele matras wat geskik is vir 'n kind. Hierdie twee kamers deel 'n tweede badkamer met 'n bad.

Die hoofleefarea het lugversorging en 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en toonbank met 4 stoeltjies. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met die volledige DStv-pakket. Gratis WiFi-toegang is beskikbaar.

Buite is daar 'n onderdakstoep met 'n buitelug-etenstafel en braaigeriewe sowel as 'n groot tuin waar kinders kan baljaar. Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Gaste wat hul bergfietse saambring kan die plaas so gaan verken, of jy kan te voet die heuwel aanpak om die uitsig van bo af te waardeer.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet met bidet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Kindermatras vir 1

Badkamer

Bad, Toilet met bidet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Mario F
Gesin met klein kinders
5.0
‘n Verfrissende breuk na ‘n lang pad. Ons het een aand oorgebly by Kleine Kaap op reis na Namakwaland. Die verblyf was luuks en ruim. Die kinders het ...
Sien meer
Sep 2025
William R
Gesin met klein kinders
5.0
Peaceful farm house on the Orange River. This beautiful farm house is situated a short walk from the Orange River and a short drive fro...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Belinda N
Saam met lewensmaat
5.0
Ongekunstelde juweel. Baie vriendelik ontvang. Plek is baie netjies en ruim. Sit op stoep en waardeer die stilte. Sal beslis weer gaan.
Mei 2025
Chris K
Gesin met tieners
5.0
Veilig, vreedsaam, gerieflik. Gasvrou het moeite gedoen om ons te akkommodeer na oponthoud. Rustige omgewing. Goed toegeruste verblyf met al die nodig...
Sien meer
Apr 2025
Eloise D
5.0
Baie baie lekker. Dankie vir 'n wonderlike oornag stop. Baie lekker. Die koffie was 'out of this world'. Lekker om WiFi te gehad het.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Melanie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Attiesdraai Farm, Karoo, 50 km from Hopetown, 8752, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kleine Kaap het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 5 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 5 mense
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 5 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    5 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Attiesdraai Farm, Karoo, 50 km from Hopetown, 8752, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAee7fb346da61ad7fa43fcea017753419c8f75acc1a9bd241bd76237480ab560666ea168474e302d9635fc103deb966e5f4d0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 5 mense 37 5 1 5 Attiesdraai Farm Karoo 8752 Noord-Kaap 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -29.8253748 24.472296
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang