Successfully reported
+33

Kleine Nessie

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 73 De la Bat Road, Roux Park, Worcester, 6850, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kleine Nessie is sentraal in Worcester geleë en bied gehalteverblyf vir 'n paartjie, familie, groep vriende of sakereisigers. Dit is binne maklike bereik van die hoof paaie, talle winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.

Die huis is geleë op die hoek van De la Batweg en Mimosastraat, met aparte privaat ingange na elke eenheid weerskante van die huis.

Die eerste woonstel (met aparte ingang in De la Batweg), beskik oor 'n oopplan-kamer met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaatstoof, yskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Die kamer beskik oor 'n TV met DStv en 'n eetarea met plek vir 2.

Daar is braaigeriewe in die klein tuintjie beskikbaar vir gaste se gebruik tydens hul verblyf.

Die tweede woonstel (met aparte ingang in Mimosastraat) beskik oor 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 3 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Die eenheid het 'n aparte braaikamer. Die gedeelde badkamer is toegerus met 'n stort-oor-bad. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n tweeplaatstoof, 'n ketel en 'n mikrogolfoond.

Gaste kry veilige parkeerplek agter 'n elektroniese hek op die perseel.

Die eiendom het 'n omskakelaar wat verseker dat die ligte en Wi-Fi aan bly tydens beurtkrag.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 45 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Michelle N
Saam met vriende
5.0
Baie lekker, baie dankie! Sien sterre.
Okt 2025
Louise H
Gesin met klein kinders
5.0
Great place to stay. It was a cute place to stay, my husband was changed from a different room to this one and he was very impressed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Glen J
5.0
Very pleasant. My stay was very pleasant and the place was neat and tidy.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Ansa V
Saam met lewensmaat
5.0
Plek is skoon, linne vars. Skoon, netjies, stil, baie goed.
Jun 2025
Jacklynn L
5.0
Fantasies. Ek het fantasies gebly, julle sien my definitief binnekort weer.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rhoda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 45

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 73 De la Bat Road, Roux Park, Worcester, 6850, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kleine Nessie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 73 De la Bat Road, Roux Park, Worcester, 6850, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7daf443e864e9b4dfbeed282f8159e9c2cdf05010b238d03b66b9e159cf68f2a060c731b8df1aad2fe1320917e8bc9396cdd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 45 5 1 5 73 De la Bat Road Roux Park 6850 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -33.629978226796 19.459097847666
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang