Successfully reported
+25

Kloofhuisie en Klooftent

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
    6 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Voorbaat Farm, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Kloofhuisie en Klooftent bied selfsorgverblyf in 'n gerestoureerde ou plaashuis en 'n ruim omskepte tent in 'n pragtige vallei net buite Ladismith. Die verblyf het 'n mooi uitsig oor die Swartberge vanuit 'n kloof.

Daar is slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders. Die plaashuis beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gedeelde badkamer het 'n bad, toilet en wasbak.

Die Kloofhuis se kombuis is met 'n tweeplaat-gasstoof, mikrogolf, ketel en yskas-vrieskas toegerus. Die kombuis lei na 'n leefarea met 'n etenstafel, stoele en gemaklike rusbanke.

Die Klooftent het 'n gemaklike koningingrootte-bed en 2 kampbedjies vir kinders Daar is ook 'n buitebadkamer met 'n stort, toilet en wasbak..

Buite is daar braaigeriewe, 'n houtvuurwarmbad wat dien as 'n plonspoel in die somer en hangmatte onder skadubome. Die bergagtige omgewing langs die leefareas is lekker om te verken en daar is 'n vuurput vir laataand-kuiers onder die sterre. Die gedeelde plaasdam waarin gaste kan swem is net 'n entjie se stap ver.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Braai
Warmbad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Liana V
Gesin met tieners
5.0
Rustige plek, vars lug, kinders van klein tot groot kan hulself besig hou. Baie lekker stil plek.
Jun 2025
Ferdie V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig. Dit is 'n wonderlike plek. Was nou ons 2de keer daar en gaan beslis weer gaan.
Jan 2025
Debbie C
Gesin met tieners
5.0
Awesome. A lovely breakaway. Tranquil, fantastic views.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Sascha H
Saam met vriende
4.8
Lovely farm stay in nature. We enjoyed our stay with our pets. Lovely location. Cosy and well-decorated cottage. We also appreciated ge...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025
Francois B
Saam met vriende
4.8
Rustic Klein Karoo plaas wegbreek. Dis 'n mooi plekkie met 'n great ligging en die mooiste uitsigte, en ons het baie lekker gekuier.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Anlia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Voorbaat Farm, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kloofhuisie en Klooftent het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
    6 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Voorbaat Farm, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdab2c9036c6bcaf1aa6d13fa1fe6a37105fd9b4121feef9633e13d021f54e9bba9480107efb8be8fa3dabb587d7dc1a8e270?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 6 mense 10 5 1 5 Voorbaat Farm Ladismith 6655 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-23:00 12:00 -33.4670384 21.0986891
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang