Successfully reported
+24

Kloofpark Stilbaai

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 59 Paradyskloof, Still Bay, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Kloofpark is 'n nuutgeboude, kontemporêre selfsorghuis in Stilbaai wat 'n stil wegbreek bied. Dit is op 'n landgoed geleë waar gaste die natuur kan geniet. Hierdie landgoed is ook naby die rivier en die strand waar gaste kan stap.

Hierdie pragtige huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 smaakvolle slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea en 'n solder-sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gaste van hierdie 2 slaapkamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n buitestort onder die melkhoutboom. Vars linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër vir gaste se gerief. Dit lei na 'n eetarea en na die leefarea. Die leefarea het gemaklike rusbanke, 'n TV en 'n knus kaggel.

Die solderarea is die perfekte wegkruipplek met 'n goeie boek of bordspeletjies saam met die gesin of dit kan as 'n werkspasie gebruik word. Die huis het 'n omsetter en 'n batterystelsel en word nie deur beurtkrag of kragonderbrekings geraak nie.

Die stoep het 'n lieflike buite-area met 'n ingeboude braai en gemaklike sitplek. Hiér kan gaste na 'n lang dag ontspan. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Ligging

  • 59 Paradyskloof, Still Bay, 6674, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 500
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 3 500
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 59 Paradyskloof, Still Bay, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbef1cf7fa5945e0edc2a7809a3408cb4abb16ace60181068be0c048a3b21402533d5b978ce7e5d9a77755defb5801b8de31c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6) 59 Paradyskloof Still Bay 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.35947104739 21.409019501011

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang