Kogman & Keisie Guest Farm
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2 Kloof Street, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Vanaf R2 400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die Kogman & Keisie Gasteplaas skuil aan die voet van die Langeberge. Kom ervaar die lewe op 'n klein, organiese plaas op Roete 62 reg langs 'n 2000 hektaar-natuurreservaat. Die plaas is tog binne stapafstand vanaf die bekoorlike dorpie, Montagu. Die naam van die plaas is geïnspireer deur die dramatiese Kogmanskloof en die beskeie Kelsierivier wat mekaar hier ontmoet.
Kogman & Keisie Gasteplaas bied 2 luukse selfsorg-kothuise en 5 gastehuiskamers. Die kamers is elkeen stylvol ingerig met unieke afwerkings. Skoonmaakdienste is daagliks vir dié kamers beskikbaar wat gaste die geleentheid gun om meer te ontspan en te verken. 'n Stewige plaasontbyt is ingesluit vir die gastehuiskamers.
Kogman & Kelsie is 'n organiese plaas en ons is trots op die feit dat ons saam met die natuur werk. As jy die plaas verken, sal jy olywe, granate, groente en kruie omring deur laventel en bye teëkom. Gaan stap 'n entjie en jy mag dalk net 'n paar skape, eende, ganse of die hoenders raakloop wat ons elke dag met vars eiers voorsien.
Op warm somersdae kan gaste in die swembad gaan afkoel. Saans kan jy onder die weergalose sterrehemel van die Karoo ontspan en luister hoe die windmeul in die aandbriesie fluister. In die winter sal jy lekker warm kan slaap en kyk hoe die son soggens die mis met oranje, pienk en geel inkleur.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Petrus Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 28
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 2 Kloof Street, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Gaste dink Kogman & Keisie Guest Farm het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2 Kloof Street, Montagu, 6720, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang