Successfully reported
+105

Komati River Chalets

  • Kapasiteit: 71 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Old Causeway Road, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Komati River Chalets is by die samevloeiing van die Komati- en Krokodilriviere in die suidelike area van die Krugerwildtuin geleë. Dit is in 'n wildernis van sowat 5 hektaar teen die Komatirivier geleë wat dit een van die streek se top-landgoedere maak.

Die 14 dubbel of 2-enkelbed-chalets en 6 gesinskothuise is elkeen smaakvol versier, gerieflik ingerig en het 'n gesellige atmosfeer wat gaste so tuis soos by hulle eie huis sal laat voel. Die kothuise is perfek vir gesinne en elke kothuis het 2 slaapkamers met en suite-badkamers, 'n sentrale sitkamer en 'n kombuis wat na 'n privaat patio lei. Al die en suite-kamers het lugversorging wat verligting bring van die warm somerson van die Suidelike Kruger-area.

Die lodge en individuele chalets is net 50 m van die water af waar seekoeie en verskeie voëls jou ure aaneen sal vermaak. Beproef jou hengelvermoë en probeer 'n magtige tiervis vang wat hierdie ongetemde waters bewoon.

Die sentrale geriewe van die kroeg, Calabash Bistro a là carte Restaurant, en die swembad-area is omring deur ruie bosveld, en loop uit op die reuse, welige tuine, teen 'n skilderagtige agtergrond skep tydens etes of wanneer lui dae langs die swembad geniet word. Daar is elektriese omheining en 24 uur-sekuriteit op die perseel.

Die ouwêreldse dorpie Komatipoort is 'n minuut se ry hiervandaan, en verskaf maklike toegang tot alternatiewe restaurante, winkels en die Kambuka Gholfbaan met asemrowende uitsigte op die Krugerwildtuin. Begeleide Krugerwildtuin-safaris, sowel as dag-uitstappies na Mosambiek en Swaziland word daagliks aangebied. Hengelsafaris op motorbote is ook beskikbaar op versoek. Die aandag aan detail en persoonlike bestuurstyl van hierdie familie, verseker dat Komati River Chalets die ideale bestemming vir die avontuurlustige reisiger is.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 64 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Karien B
Saam met vriende
5.0
Vriendelik en gemaklik. Mense was vriendelik en ons het lekker gebly.
Jun 2025
Freda W
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent! Outstanding hospitality and service from all staff members. Attention to detail is excellent!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2025
Jaco V
Besigheidsreis
5.0
Gerieflik. Ja, ek het lekker gebly.
Apr 2025
Theo K
Gesin met tieners
5.0
Lekker atmosfeer, gawe personeel. Baie lekker, netjies, vriendelik.
Mrt 2025
Adele B
Saam met vriende
5.0
Great overnight stay. Perfect accommodation for our overnight stay. Chalet neat and tidy.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Ros Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 64

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Old Causeway Road, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Gaste dink Komati River Chalets het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 71 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Old Causeway Road, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0ab0340ef0503352eb95c62cc85e49c1821af11d1e5535298fe6c9c41c351af44abf99b6f2dc7c989184be86fcc4efb85dbd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 64 5 1 5 Old Causeway Road Komatipoort 1340 Mpumalanga 021 201 8901 12:00-22:00 09:00 -25.446433 31.963808

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang