Koraalrus
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 74 Koraal Street, C-Place, Jeffreys Bay, 6330 , Oos-Kaap
- Vanaf R950 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Koraalrus is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorg-eenheid vir 5 mense in C-Place, Jeffreysbaai.
Die grondvloer-eenheid vorm deel van die hoofhuis waar die eienaar woon, en bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n bababed en maak gebruik van 'n aparte badkamer met 'n stort en bad. 'n Enkelbed is beskikbaar in die leefarea vir 1 persoon. Gerieflikheidshalwe word linne en badhanddoeke voorsien, en gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe, en etes kan by die etenstafel geniet word. 'n Wasmasjien (gebruik net vloeibare seep) en skottelgoedwasser (gebruik slegs kapsules) is ook beskikbaar.
Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met DStv. Dié area lei na 'n onderdakstoep met 'n tafel en stoele, braaigeriewe en 'n gasbraai. Die eiendom is omhein en parkeerplek is in die enkelmotorhuis beskikbaar.
Koraalrus is 2 km vanaf die hoofstrand geleë en binne 3 km se ry vanaf verskeie winkels en restaurante. Jeffreysbaai bied verskeie doendinge soos branderplankry, swem, snorkel, visvang, walviskyk, sandplankry, perdry, stap in die Kabeljous Natuurreservaat, berg- en vierwielmotorfietsry, gholfspeel. Gaste kan ook die Jeffreysbaai-branderplankry- of skulpmuseum besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Lucia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 74 Koraal Street, C-Place, Jeffreys Bay, 6330 , Oos-Kaap
- Gaste dink Koraalrus het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 74 Koraal Street, C-Place, Jeffreys Bay, 6330 , Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang