Successfully reported
+63

Kransplaas

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Off the R63, Kendrew Road, Kransplaas Farm, 18 km from Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 198 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Kransplaas is in die hartjie van die Groot-Karoo in die Oos-Kaap. Hierdie werkende plaas is net 18 km vanaf Graaff-Reinet, 'n bekoorlike, geskiedkundige dorpie. Kransplaas is die ideale oorslaapplek vir reisigers wat lang afstande reis of lus vir 'n ontspannende wegbreek is om weer hul batterye te herlaai.

Verblyf word in Nyala Lodge met slaapplek vir 8 gaste en in Springbok Kothuis met slaapplek vir 4 gaste gebied.

Die Nyala Lodge beskik oor 4 slaapkamers, 4 en suite-badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is vir selfsorg toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n stoep wat reg rondom die lodge strek, met stoepmeubels, 'n buite-etenstafel en braaigeriewe.

Die Springbok Kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 2 en suite-badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuisie het verhit-en-eetgeriewe. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n stoep met stoepmeubels, 'n piekniektafel en braaigeriewe. Die stoep lei na 'n boma met 'n vuurput.

Die omliggende area bied 'n wye verskeidenheid aktiwiteite wat begeleide toere, voëlkyk, sterrekyk en kleiduifskiet insluit. Nieu-Bethesda is bekend vir die Uilhuis-museum en is net 68,6 km ver.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Rufus V
Saam met lewensmaat
5.0
Wondekike blyplek en lekker stil en rustige deel van die plaas. Ja, baie gerieflik huisie - het alles wat jy nodig het.
Sep 2025
Tinus N
Gesin met klein kinders
5.0
Het my verwagting oortref. Baie lekker, sal dit 100% aanbeveel.
Mrt 2025
Hannelie V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie gerieflike verblyf in goedtoegeruste eenheid. Baie gerieflike verblyf in goedtoegeruste en mooi selfsorgeenheid. Ons het die stilte en vergesigte...
Sien meer
Mrt 2025
Sunette B
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, pragtig. Pragtige plek! Alles wat jy nodig het, is daar. Die diens was uitstekend.
Feb 2025
Daniele S
Gesin met klein kinders
5.0
Die plek is baie netjies met alle geriewe wat 'n mens kan kort. Wat 'n great plek. Alles wat 'n mens nodig het - die aircons was lieflik in die hitte....
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rosanne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Off the R63, Kendrew Road, Kransplaas Farm, 18 km from Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Kransplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 198
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 198
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 198
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Off the R63, Kendrew Road, Kransplaas Farm, 18 km from Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAOBSgzKuqR3pWtke2as4FCwOmzyKt4kKUGqrneYdbFSa0pryn7Z?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 198 per nag, vir 2 mense 40 5 1 5 Off the R63, Kendrew Road Kransplaas Farm 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -32.367710613675 24.48230266571
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang