Kruger Kumba Lahlekile Nathi
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4003 Kiewiet Avenue, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Vanaf R1 650 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Kruger Kumba Lahlekile Nathi is 'n bekoorlike selfsorghouthuisie in Marlothpark, 'n 3000 hektaar-wildbewarea op die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die wilddorpie is die tuiste van 4 van die Groot 5.
Die houthuisie is op stelte en bied onderdakparkeerplek aan 2 voertuie onder die huis. Dit het ook 'n palissadeheining wat kan sluit. Die knus vakansiehuis bied slaapplek 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers, 'n solderkamer, badkamer en 'n buitestort.
Die ingang na die huisie is via trappe en daar is 'n groot dek aan beide kante. Aan die linkerkant is 'n kuierarea met ingeboude braaigeriewe en 'n plonspoel met 'n uitsig oor die mensgemaakte watergat waar wild gereeld kom water drink. Daar is 'n groot maroelaboom wat baie skadu bied en die nagapies speel alte lekker in hom.
Aan die regterkant van die huisie is 'n buite-eetarea met toegang tot die leefarea en oopplan-kombuis. Daar is lugversorging en die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof en 'n ketel toegerus. Die slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en 'n muskietnet en deel die badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die solderarea het 2 enkelbeddens en 'n klein sitkamer waar kinders kan speel.
Die huisie het ook 'n bosstort met warm water, 'n vuurput en 'n platform vanwaar diere gesien kan word.
Kruger Kumba Lahlekile Nathi is naby Lions Spruit, 1,2 km vanaf die Kruger-grensheining by die Krokodilrivier en sowat 43,2 km vanaf die Malelane-hek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Sonique Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 63
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 4003 Kiewiet Avenue, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Kruger Kumba Lahlekile Nathi het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4003 Kiewiet Avenue, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang