Successfully reported
+17

Kyknet Cottage - Touwsberg Private Game & Nature Reserve

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plathuis Road, Touwsberg Game Reserve, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Touwsberg Private Game & Nature Reserve is tussen Barrydale en Ladismith op die R62 geleë, sowat 290 km vanaf Kaapstad.

Verblyf word in ’n selfsorg-kothuis, genaamd Kyknet, wat deur sonkrag aangedryf word, gebied. Die kothuis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is 2 slaapkamers met dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is met ’n yskas-vrieskas, mikrogolf, gasstoof, oond, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea het 'n gemaklike rusbank en die eetarea beskik oor ’n ingeboude braai. Die leefarea lei na ’n stoep met 'n buitetafel en -bankies, asook 'n vuurput met sitplek. Die kothuis spog met 'n 360°-uitsig op die berg en oor die Karoo-landskap.

Wild wat gereeld in die reservaat gesien word sluit elande, koedoes, bontebokke, gemsbokke, springbokke, swartwildebeeste, rooihartebeeste, Kaapse bergsebras, kameelperde, rooiribbokke, vaalribbokke en duikers in. Die reservaat is ook die tuiste van roofdiere soos luiperds, rooikatte, jakkalse, swartarende, uile en valke.

As gevolg van die reservaat se diverse topografie, geografie en klimaat, is daar 3 biome in die area, naamlik die Kaapse Fynbosstreek, die sukkulente Karoo en die subtropiese streek. Dié substreek het van die wêreld se hoogste konsentrasie sukkulente en die dwergstruik kom die meeste voor. Daar is ook flora soos heuningbos-tee, proteas, erikas en swaardlelies in die area.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Stapelbed

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.6
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ann Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Plathuis Road, Touwsberg Game Reserve, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kyknet Cottage - Touwsberg Private Game & Nature Reserve het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plathuis Road, Touwsberg Game Reserve, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAkH4NWmmVmszJsn6gQwGEPftZAX4ceGukQTdieuVbwg6EE73rtm?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 6 mense 14 5 1 5 Plathuis Road Touwsberg Game Reserve 6655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.607245811172 20.987387970311
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang