Successfully reported
+33

La Bella B+B

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 75 Kretschmar Avenue, Bela Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R890 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

La Bella B+B is 'n klein B&B in Bela-Bela, Limpopo. Ons bied puik verblyf vir sakelui, regeringsamptenare en enige ander gaste wat op soek is na silwerskoon, gerieflike, huislike oornagverblyf.

La Bella beteken "die mooie" in Italiaans. Alle mense is pragtig en verdien om in pragtige, vriendelike geriewe te oornag aan die einde van 'n lang werksdag of reis. Ons doelwit is om vriendelike, hartlike gasvryheid aan ons gaste te bied.

Elke eenheid het enkelbeddens, wat op versoek as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word, 'n en suite-badkamer, lugversorging, TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe en tuisgebakte beskuit. Skoon linne, handdoeke, en internettoegang word ook voorsien. Kamer 4 het 'n selfsorg-kombuisie, sy eie ingang, en 'n uitgang na die tuin.

Buite het gaste toegang tot 'n groot tuin en stoepe. 'n Heerlike plaasontbyt is teen 'n ekstra koste beskikbaar en dit word in die ontbytkamer of op die stoep bedien. Veilige parkeerplek is agter hekke met afstandbeheer beskikbaar.

La Bella is in 'n woonbuurt geleë, net sowat 1,5 km vanaf die Warmbaths Forever Resort.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 74 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Chantal T
5.0
Heerlik en ontspannend. Absoluut fantasties. Ons het heerlik geslaap, die lugversorger in die hittige nag was wonderlik. Ons het die kombuis terdeë ge...
Sien meer
Sep 2025
Mariska L
Saam met lewensmaat
5.0
Gesellig. Ons het baie lekker gebly saam vriende en familie.
Jul 2025
Heloize H
Saam met vriende
5.0
Gerieflik met vriendelike diens. Die eienaar is vriendelik en hulpvaardig. Die kamers was baie skoon en netjies.
Jun 2025
Luchelle W
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklik vir 'n vinnige reis. Lekker gebly, die kamers is in 'n kleiner huis op die perseel met 'n oop kombuis. Die mense is ook dierevriendelik.
Mei 2025
Ruth M
Gesin met tieners
5.0
A good place to stay! We were there for a very short while. Arrived late, went out for dinner, slept and left early. Elri was very kind...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Elri Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 74

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • 75 Kretschmar Avenue, Bela Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink La Bella B+B het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 890
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 890
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 890
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 75 Kretschmar Avenue, Bela Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA65e288ae3deaa06d63ed2c57fdd069daef6b6c8d7a14c20134ca5c6f778267b4758bb1fb89a58d19c2f5924f77c572f8cd19?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R890 per nag, vir 2 mense 74 5 1 5 75 Kretschmar Avenue Bela Bela 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.876236309471 28.290663957596
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang