Successfully reported
+12

La Bri

Gastehuis
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: La Bri Farm, Rawsonville, 6845, Wes-Kaap
  • Vanaf R980 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

La Bri is in die Breedekloofvallei geleë net 40 minute se ry vanaf Kaapstad langs die N1 en 10 minute vanaf Worcester.

Die Breedekloof is die poort na die Breedevallei-streek en is 'n buitelug-entoesias se paradys. Gekenmerk deur majestueuse berge, sprankelende riviere en gasvrye mense wat passievol is oor wynmaak en die vallei waarin hulle woon.

La Bri is 'n werkende plaas wat deur die De Villiers-familie besit word. Die Kaaps-Hollandse huis dateer uit 1854.

Kom na La Bri vir 'n vinnige naweekwegbreek en geniet plaasgasvryheid eerstehands. Verblyf beskik oor 3 groot en suite-slaapkamers. Elke kamer kan ook as 'n gesinskamer gebruik word. Twee van die kamers het 'n omheinde patio met 'n enkelbed. Mens kan ook die hele huis vir 'n groep mense huur.

Die ruim plaaskombuis is volledig toegerus vir selfsorg en gaste kan ontspan in die sitkamer met sy Kaaps-Hollandse meubels.

Ons akkommodeer ook bruide en strooimeisies vir hul laaste aand voor hul troudag, as gevolg van die hoeveelheid trou-venues naby.

Die hoofplaasopstal en herehuis is 'n gunsteling venue vir fotosessies.

Ons vallei en dorpie Rawsonville het soveel om te bied. van goeie wyn, uitstekende kos trou-venues tot bergroetes en kunsvlieghengel, alles in een vallei. Ons is spyt dat geen troeteldiere toegelaat word nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Wasgoeddiens

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 91 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Helena B
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende diens. Dis 'n lieflike huis in 'n pragtige omgewing. Carina het ons op kort kennisgewing ontvang en so tuis laat voel. Baie klein details ...
Sien meer
Aug 2025
Christie C
5.0
Die verblyf was wonderlik. Lekker gekuier. Baie vriendelik ontvang. Ons het baie lekker gebly.
Mei 2025
Leon M
Saam met lewensmaat
5.0
Behulpvaardig en skoon. Baie gerieflik geleë, skoon en alles wat jy nodig het.
Mrt 2025
Francois S
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik en rustig. Wonderlik en rustige omgewing. Op 'n werkende plaas in die mooiste omgewing.
Jul 2024
Esther O
Gesin met tieners
4.6
“Quiet beauty, hosted with love.”. Our stay at La Bri was truly unforgettable. The guesthouse is peaceful, beautifully kept, and offers...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Frans Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 91

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • La Bri Farm, Rawsonville, 6845, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Bri het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 980
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 980
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 980
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: La Bri Farm, Rawsonville, 6845, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVhNzBmMGM2LTVmMTgtNGMzNi05NDgwLWI3MTUzZDJlZDI4Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R980 per nag, vir 2 mense 91 5 1 5 La Bri Farm Rawsonville 6845 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-16:00 10:00 -33.670778284406 19.304593205452

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang