La Kruger Lifestyle Lodge
Kry 15% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 25 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hartbeesstraat 2573, Marloth Park, 1340, Mpumalanga
-
Vanaf
R2 790R2 372 per nag, vir 2 mense -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
La Kruger Lifestyle Lodge is in Marloth Park geleë, 'n safari-wildtuin wat aan die Krugerwildtuin grens. Die lodge is weggesteek in die pragtige bosveld, en beskik oor dekke wat rondom die bestaande Maroelaboom en ander bosveldbome gebou is. Die bos-chalets word gerieflikheidshalwe verbind deur verhoogde wandelpaaie.
Akkommodasie bestaan uit luukse bos-chalets, luukse kamers, standaard dubbelkamers, sowel as 'n villa met koningingrootte-bed. Elke kamer beskik oor lugversorging, en suite-badkamergeriewe, 'n kroeg en tee- en koffiemaakgeriewe. Die lodge beskik oor 'n privaat restaurant, 2 natuurlike rotspoele en 'n kaggelarea vir koue aande. Gratis WiFi is beskikbaar by die lodge.
Die lodge spesialiseer in Groot 5 en Kruger Nasionale Park-ervarings vir gaste om te geniet. Marloth Park is die tuiste van 'n wye verskeidenheid wild- en voëllewe, insluitend sebras, kameelperde, koedoes, rooibokke, blouwildebeeste, bosbokke en vlakvarke. Na 'n dag in die Krugerwildtuin kan gaste ontspan en die sonsondergang geniet terwyl hulle 'n skemerkelkie langs die oneindige plonspoele teug, of 'n buitestort onder die Afrika-lug neem om af te koel. La Kruger Lifestyle Lodge bied uitstekende geriewe en uitsonderlike diens en is 'n ideale bestemming vir 'n naweekwegbreek of 'n langer verblyf om die area te verken.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Cheryl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 39
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Hartbeesstraat 2573, Marloth Park, 1340, Mpumalanga
- Gaste dink La Kruger Lifestyle Lodge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 25 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hartbeesstraat 2573, Marloth Park, 1340, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang