La Montagne
Kry 15% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 40 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 100 Compensation Beach Road, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R2 160R1 836 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
La Montagne is 'n oordhotel en -spa wat luukse selfsorgwoonstelle in Ballito, langs die Dolfynkus, net 15 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe bied. Ballito is een van KwaZulu-Natal se mooiste kusgebiede, met ongerepte strande en warm water. Dolfyne baljaar in die branders en 'n mens kan saam met hulle swem, branderplankry of skubaduik.
Die moderne, volledig toegeruste en lugversorgde woonstelle het al die noodsaaklikhede. Die oord beskik oor oopplan-ateljee-eenhede, 2-slaapkamerwoonstelle en 3-slaapkamerwoonstelle, almal met panoramiese see-uitsigte. Die goed toegeruste oopplan-eetkamer- en -sitareas sluit 'n TV met 'n verskeidenheid DStv-kanale en 'n mini-kombuisie in om die gerief te voltooi. Patio's is toegerus met 'n ingeboude braai.
La Montagne beskik oor restaurante wat 'n wye verskeidenheid kookkuns en kamerdiens bied, 'n wonderlike in-huis Wellness Retreat, 'n lewendige aandeteteaterklub, muurbalbane, 'n swembad, 'n manjifieke seesondek en 'n daaglikse vermaakprogram vir die hele gesin.
Die oord spog ook met puik trou- en konferensiegeriewe met 'n volledige banketfunksie, tema-aande en spesiale aktiwiteite.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
First
Reservations ...
Eiendomme 29
Resensies 912
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 100 Compensation Beach Road, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink La Montagne het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 40 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 100 Compensation Beach Road, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang