Successfully reported
+70

La Motte Gastehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: La Motté, Preekstoelpad, Bethlehem, 9700, Vrystaat
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

La Motte Gastehuis is langs die N5 geleë, net 4 km buite Bethlehem in die rigting van Kestell en Harrismith. Hiér kan gaste die natuurskoon en die rustigheid van die Oos-Vrystaat geniet. Dit is ideaal vir oornaggaste, sakereisigers en ouers wat sporttoernooie wil bywoon.

Die gastehuis bied slaapplek in 6 kamers vir 12 tot 17 gaste. Daar is 2 slaapkamers in die kothuis, 3 buitekamers en 1 solderkamer in die plaashuis.

Al ses kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort of stort-oor-bad. Skoon linne, handdoeke en elektriese komberse word voorsien. Geriewe in die kamers sluit lugversorging, DSTv en gratis WiFi in.

Tortelduif is in die kothuis en het 'n dubbelbed en 'n enkelbed, asook 'n badkamer met 'n stort. Jangroentjie is in die kothuis en het 'n koninggrootte-bed, enkelbed en 'n badkamer met 'n stort-oor-bad. Houtkapper is in die plaashuis en het 'n koninggrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n badkamer met stort-oor-bad. Kokkewiet is 'n solderkamer in die plaashuis en het 'n koninggrootte-bed, enkelbed en badkamer met bad. Tinktinkie is 'n klein kamer in die plaashuis met 2 enkelbeddens en 'n badkamer met stort. Tarentaal is 'n losstaande kamer en het 2 enkelbeddens en 'n badkamer met stort.

Elke kamer het 'n yskas, mikrogolf, eetgerei, braaitoerusting, tee- en koffiemaakgeriewe en beskuit. Tortelduif en Houtkapper is selfsorgeenhede. Buite is daar 'n stoep, tuin, braaigeriewe, swembad en plek vir kinders om te speel.

Clarens, Golden Gate-Hoogland Nasionale Park en Fouriesburg is van die nabygeleë plekke wat gaste kan verken. La Motte Gastehuis is langs Lavender Hill Wedding Venue geleë.

Kom geniet ouwêreldse gasvryheid en 'n plaasstyl-ontbyt wat teen 'n ekstra koste beskikbaar is.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 142 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Hermina W
5.0
ń Paradys net ʼn klipgooi uit Bethlehem uit, oppad Clarens toe. Wat ʼn heerlike ervaring, omring met bome en blomstruike, ʼn absolute lushof! Ontbyt was ...
Sien meer
Sep 2025
Rize P
Gesin met tieners
5.0
Dis 'n baie mooi gastehuis in 'n pragtige omgewing net buite Bethlehem. Ons het dit geniet om by La Motte Gastehuis te bly. Ons is vriendelik ontvang ...
Sien meer
Jul 2025
Hlalelani M
5.0
Great and beautiful place. My stay at La Motte Gastehuis was exceptional! The staff were warm and welcoming, the rooms were comfortable...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Danielle D
Gesin met tieners
5.0
Exceeded our expectations - we were in Bethlehem for a sports tour for my son! We absolutely loved La Motte Guest House. The hosts were...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Susan W
Gesin met tieners
5.0
Gesellig. Heerlik gebly. Die dame het selfs die kamer vroegtydig vir ons warmer gemaak en die warm komberse aangesit. Dit was baie koud, maar heerlik ...
Sien meer
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Francine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 142

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • La Motté, Preekstoelpad, Bethlehem, 9700, Vrystaat
  • Gaste dink La Motte Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 750
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 750
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: La Motté, Preekstoelpad, Bethlehem, 9700, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE2Mjc0MDJlLWVjOTAtNGRkMi05NjI4LWUyMzc1ODhjNjg3OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 142 5 1 5 La Motté Preekstoelpad 9700 Vrystaat 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -28.264 28.350027777778
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang