Successfully reported
+40

La vie Gastehuis

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 126B Santolina Avenue, Geelhoutpark Ext 4, Rustenburg, 0299, Noordwes
  • Vanaf R350 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

La Vie Gastehuis bied bekostigbare oornagverblyf in 'n bekoorlike gastehuis in 'n rustige woonbuurt in Rustenburg.

Die gastehuis bied slaapplek aan altesaam 8 gaste in 4 aparte eenhede met verhit-en-eetgeriewe. Slegs 3 van die 4 eenhede is met kookgeriewe toegerus.

Eden Rose het 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Daar is lugversorging, 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Aloe het lugversorging, 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort. Daar is 'n yskassie, 'n tweeplaatstoof, 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n TV met sekere DStv-kanale.

Spelde Kussing het 1 dubbelbed en 'n badkamer met 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet. Die kombuisie is met 'n yskassie, broodrooster, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Hierdie eenheid het geen kookgeriewe beskikbaar nie.

Suikerbos het 2 enkelbeddens, 'n waaier en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Komplimentêre toiletware en badhanddoeke word voorsien. Die kamer het ook 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n privaat ingang en 'n kombuisie met kookgeriewe. WiFi is ook beskikbaar.

Veilige parkeerplek vir 1 voertuig per kamer is op die perseel beskikbaar. Die erf het 'n elektriese heining en laserstraalsekuriteit reg rondom met 'n motorhek.

Nabygeleë besienswaardighede sluit Sun City, Hunters Rest Gholfbaan, Rustenburg Kloof, Kgaswane Bergreservaat, Sparkling Waters Spa en Waterfall Mall in. La Vie Gastehuis is langs die N4-hoofweg geleë.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 97 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Annelize L
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Baie lekker gebly, en baie dankie vir alles, julle is die beste en vriendelik, en veilig, en skoon, sal weer kom, dit was al ons 2de bly d...
Sien meer
Aug 2025
Kobie H
Saam met lewensmaat
5.0
Salig. Baie lekker gebly. Geslaap en die netheid is puik!
Jul 2025
Daneel E
5.0
Vriendelik. Vriendelik, baie lekker gebly.
Jun 2025
Tiaan B
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker. Netjiese plek en vriendelike gasheer.
Jun 2025
Nicol C
Saam met lewensmaat
5.0
Hulle was baie vriendelik. Hulle was baie vriendelik en behulpsaam.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Felicity Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 97

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 126B Santolina Avenue, Geelhoutpark Ext 4, Rustenburg, 0299, Noordwes
  • Gaste dink La vie Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 350
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 350
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 350
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 126B Santolina Avenue, Geelhoutpark Ext 4, Rustenburg, 0299, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAab48b56473977ad142b8b97d56d2b77b79ba94810ff5e53e2cda193a9843a6c89c0427b060c3161befa04ab8ebf5574f6995?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R350 per nag (plek vir 2) 97 5 1 5 126B Santolina Avenue Geelhoutpark Ext 4 0299 Noordwes 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -25.683444 27.200957

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang