La vie Gastehuis
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 126B Santolina Avenue, Geelhoutpark Ext 4, Rustenburg, 0299, Noordwes
- Vanaf R350 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
La Vie Gastehuis bied bekostigbare oornagverblyf in 'n bekoorlike gastehuis en is in 'n rustige woonbuurt van Rustenburg geleë.
Die gastehuis akkommodeer altesaam 8 gaste in 4 aparte eenhede met verhit-en-eetgeriewe. Slegs 3 van die 4 eenhede het kookgeriewe beskikbaar.
Eden Rose is ingerig met 2 enkelbeddens en die badkamer is toegerus met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die eenheid het lugversorging, 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n TV met sekere DStv-kanale.
Aloe het lugversorging en is ingerig met 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort. Die eenheid beskik oor 'n yskassie, 'n tweeplaatstoof, 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n TV met sekere DStv-kanale.
Spelde Kussing is ingerig met 1 dubbelbed en die badkamer is toegerus met 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet. Daar is 'n klein kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, broodrooster, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Hierdie eenheid het geen kookgeriewe nie.
Suikerbos is ingerig met 2 enkelbeddens, 'n waaier en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Komplimentêre toiletware en badhanddoeke word voorsien. Die kamer beskik oor 'n TV met hotelpakket DStv-kanale, 'n privaat ingang en 'n kombuisie met kookgeriewe. Wi-Fi is ook beskikbaar.
Veilige parkeerplek van die straat af is beskikbaar vir 1 voertuig per kamer. Die perseel is baie veilig omhein met elektriese heinings en sekuriteitsbalke reg rondom asook 'n hek vir voertuie.
Nabygeleë besienswaardighede sluit Sun City, Hunters Rest Gholfbaan, Rustenburg Kloof, Kgaswane Bergreservaat, Sparkling Waters Spa en Waterfall Mall in. La Vie Gastehuis is langs die N4-hoofweg geleë.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Felicity Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 97
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 126B Santolina Avenue, Geelhoutpark Ext 4, Rustenburg, 0299, Noordwes
- Gaste dink La vie Gastehuis het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 126B Santolina Avenue, Geelhoutpark Ext 4, Rustenburg, 0299, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang