Successfully reported
+36

La Villa Vita

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 21 Klipspringer Street, Mbombela (Nelspruit), 1201, Mpumalanga
  • Vanaf R2 630 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

La Villa Vita is in die middel van Mbombela (Nelspruit) en word omring deur natuurreservate. Tog is dit net 5 minute van die sentrale besigheidsdistrik af.

Dié elegante Toskaanse herehuis het hoë plafonne, klipmure en al die nodige geriewe met net die beste meubels en pragtige, goed versorgde tuine. Elke kamer het 'n TV, DStv en lugversorging. Elke kamer beskik ook oor die volgende: 'n yskassie met voorraad, 'n haardroër, 'n privaat badkamer, japonne en komplimentêre toiletware. Die badkamers het baddens en/of storte.

Gaste kan lekker voor die kaggel in die kuier-leefarea sit, of 'n skemerkelkie by 'n vreugdevuur op die patio geniet. Vergaderings kan gehou word in die klein vergadersaal en fynproewer-aandetes word bedien in die deftige saalkamer of gaste kan kies om 'n privaat aandete in die klavierkamer te geniet. Doendinge in die omgewing sluit in: swem, wandelinge in die pragtige tuine of voetslaanroetes in die omliggende natuurreservate.

Daar is selfs 'n gimnasium indien jy bietjie jou hartklop wil opjaag op die tredmeul of net bietjie met die gewigte wil oefen. Gaste is welkom om 'n privaat aandete en die Jacuzzi op die skemerkelkie-patio te geniet, of jy kan net lekker ontspan op 'n rusbank op die swembad-patio of opkrul met 'n boek of tydskrif uit die klein biblioteek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Goed

Netheid
4.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
3.0
Diens
3.5
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.9/5

Janti Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 2

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 21 Klipspringer Street, Mbombela (Nelspruit), 1201, Mpumalanga
  • Gaste dink La Villa Vita het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 630
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 630
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 2 630
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 21 Klipspringer Street, Mbombela (Nelspruit), 1201, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAceadf141c90601c41c5c15a7f87464322b5450f56df6edd425c91d4489ff6c3b5b947eb425e14f807339c1c9a815d3c49018?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 630 per nag, vir 2 mense 2 5 1 4 21 Klipspringer Street Mbombela (Nelspruit) 1201 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.496599 30.983323

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang