Successfully reported
+33

Laasteskof

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Luttig Street, Prince Albert, 9300, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 100 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Laasteskof is een van die oudste, werkende, historiese plasies in die middel van Prins Albert in die Karoo en bied 'n ontspanne wegbreek aan 4 gaste.

Dié geskiedkundige huis is in 1945 deur dokter Luttig as 'n aftreehuis gebou. Vandaar die naam "Laasteskof". Die huis beskik oor 2 en suite-slaapkamers, 'n kombuis en 2 sitareas. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is 'n dagbed wat in 'n dubbelslaapbank omskep kan word in die sitarea. Elke en suite-badkamer het 'n bad, stort en 'n toilet. Gaste geniet ook die gebruik van die buitestort.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en daar is 'n etenstafel. Gaste kan in die sitareas ontspan en daar is 'n knus kaggel vir koue wintersaande.

Die huis maak oop op die stoep wat noord front en 'n uitsig oor die tuin tot in Luttigstraat bied, terwyl die stoep wat oos front 'n ingeboude braai en 'n uitsig oor die plaas en op die berge bied. Daar is veilige onderdakparkeerplek en die perseel is omhein. Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Gaste by Laasteskof sal ontwaak met 'n haangekraai, vars eiers vir ontbyt kan geniet en vars, seisoenale vrugte en groente in die organiese groentetuin kan pluk. Dis pure plaasontspanning!

Prins Albert bied ook verskeie doendinge soos bergfietsry, voetslaan en voëlkyk. Gaste kan 'n geskiedkundige stappie deur die dorp geniet en na verskeie nasionale monumente kyk. Die dorp spog ook met restaurante en koffiewinkels, asook 'n Saterdagmarkie.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Leefarea

1

1 x Enkelslaapbank

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Hannelize J
Gesin met klein kinders
5.0
Roadtrip deur die Karoo. Dis nou Karoo gasvryheid op sy beste! My 7-jarige seuntjie het gevoel hy is self 'n boer!
Jul 2025
Louise C
Saam met vriende
5.0
Best of both worlds: Dorp en plaas. Mona was welcoming and hospitable, and our stay was comfortable. We loved this old Karoo dorpshuis ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025
Marilyn O
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike gasvryheid in die Karoo. Laasteskof is 'n lieflike, knus groot huis vol antiques, maar met alles wat mens benodig. Ons het dit terdeë genie...
Sien meer
Sep 2024
Louise D
Saam met vriende
5.0
Lieflike sonsondergange, kuierstoepe en alles wat jy nodig het, maak Laasteskof. Laasteskof is punt aan einde van sin - lekka gebly!
Apr 2024
Johan M
4.8
Baie lekker plek, dankie. Lieflike plek, baie dankie vir die goeie diens.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Mona Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 6 Luttig Street, Prince Albert, 9300, Wes-Kaap
  • Gaste dink Laasteskof het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 100
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 100
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R 3 100
per nag (plek vir 5)
Bespreek
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Luttig Street, Prince Albert, 9300, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb43caeb710ef273292c8839d36ade719d686f744843c8680f2c5ac290f80387e705ccedfb4c33763207d910df7a850ea8e0f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 100 per nag (plek vir 5) 9 5 1 5 6 Luttig Street Prince Albert 9300 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.22880557101 22.032192614294

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang