Successfully reported
+6

L'Abri

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 278 Auriga Street, Waterkloof, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Vanaf R985 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

L'Abri is 'n ruim en luukse selfsorg-eenheid in 'n tuin in 'n rustige en veilige beskutte gedeelte van Waterkloof, Pretoria. Dit is naby die Universiteit van Pretoria, die Voortrekkermonument, Vryheidspark, Brooklyn Mall, en hospitale soos Little Company of Mary, Zuid-Afrikaans en Jakaranda.

Die eenheid is deel van die hoofhuis, maar bied steeds privaatheid met eie toegang. Die eenheid is goed toegerus en beskik oor 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n bank wat in 'n dubbelbed verander kan word in die leef area. Dit is hoofsaaklik geskik vir kinders of jongmense. Daar is 'n hele paar trappe om af en op te klim (22), L'Abri is dus ongelukkig nie geskik vir persone in 'n rolstoel of diegene wat moeilik loop nie.

Die kombuis het basiese selfsorggeriewe en het 'n yskas, ketel, broodrooster, mikrogolfoond, elektriese braaipan en induksieplaat. Die leefarea het 'n dubbel slaapbank wat meer geskik is vir kinders of jongmense. Gemaklike sitplek en 'n TV met DStv (alle kanale) is ook beskikbaar. Gaste het ook gratis WiFi in en om die eenheid. Joghurt, muesli, melk, koffie, tee en beskuit word voorsien met aankoms.

Daar is 2 honde op die werf, 2 worshonde. Hulle is luidrugtig wanneer hulle mense verwelkom, maar is nie gevaarlik nie.

Gaste het toegang tot onderdakparkeerplek vir 1 voertuig.

Dié is ideaal vir sakereisigers, gesinbesoek of net 'n gemaklike oornagplek.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 67 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Danica V
Gesin met klein kinders
5.0
Fantastic. Great accommodation, great value for money, spacious, clean and neat, great for families, very safe and the owners are just ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Anja M
5.0
Fantastic! Ja! Was wonderlik gewees. Eienaar is ook baie vriendelik en laat mens tuis voel! Lekker rustige plek en naby baie goed, so mens ry nie te v...
Sien meer
Aug 2025
Anina D
Saam met vriende
5.0
Gerieflik, gemaklik en veilig. Heerlik gebly en ons is soos konings behandel. Die gasvryheid was uitmuntend en ons het heerlik gebly. Geriewe was netj...
Sien meer
Jun 2025
Celeste V
Saam met vriende
5.0
Daar kom niks kort nie - baie gasvry ontvang. Beslis waarde vir geld! Heerlike tuiste weg van die huis. Waarde vir geld.
Mei 2025
Martie J
5.0
Ons het elke dag na die Groenkloof hospitaal gereis en dit was veilig en naby. Gasvrou gaan uit haar pad om jou te laat tuis voel. Baie dankie. Ek sal...
Sien meer
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Isolde Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 67

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 278 Auriga Street, Waterkloof, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink L'Abri het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 985
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 985
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 985
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 278 Auriga Street, Waterkloof, Pretoria, 0181, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ2Y2M3NTJiLTAzOTUtNDE5Ny1iNTY4LTk2ZTc1N2RhMWQzNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R985 per nag, vir 4 mense 67 5 1 5 278 Auriga Street Waterkloof 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.781767442335 28.238316056101

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang