Lala Ehlathini Treetop Lodge
Kry 10% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 6 Sep 2025 tot 13 Des 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1706 Kingfisher Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
-
Vanaf
R1 650R1 485 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Lala Ehlathini Treetop Lodge is 'n pragtige selfsorghuis in Marlothpark bekend vir sy natuur, wild en besienswaardighede, soos die Krugerwildtuin. Dit is die perfekte wegbreek vir gaste wat op soek is na 'n breuk van die stadsgejaag.
Die eenheid het lugversorging en bied slaapplek aan 6 gaste. Dit beskik oor 3 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 1 enkelbed en 'n ekstra enkelmatras. Dit is geskik vir 1 volwassene of 2 kinders. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n wasmasjien toegerus is. Die knus sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die huis het 'n pragtige dek met meubels en 'n gasbraai. Die bome bied privaatheid en die perfekte geleentheid om die natuur te geniet terwyl jy wag op die wild om te kom kuier.
Kleuters en klein kinders moet onder toesig wees op die dek. Die spasies tussen die paaltjies van die reling is groot en 'n klein kind kan deurkruip en val. Die dek en trappe mag dalk ook glad wees wanneer dit nat is, so wees asb. versigtig.
Verder het die verblyf 'n rugsteunwater- en batterystelsel wat die TV, WiFi en waaiers tydens kort kagonderbrekings sal aandryf.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Ekstra enkelmatras
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Graham Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 1706 Kingfisher Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Lala Ehlathini Treetop Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1706 Kingfisher Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang