Successfully reported
+31

Lalandi Unit 14-Beach Cottage

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eersteweg, 14 Lalandi Complex, Langstrand, Erongo
  • Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Lalandi 14 is 'n luukse selfsorgeenheid met 'n uitsig oor die see en is in Lalandi-kompleks in Langstrand geleë. Die eenheid is veilig en het goeie sekuriteit.

Dié vakansiehuis het 3 en suite-slaapkamers met kraakvars wit linne en gemaklike beddens. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat ekstra lank is en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Wit handdoeke word voorsien. Daar word ook 'n ekstra stel linne en handdoeke voorsien. Skoonmaak- en wasgoeddienste kan vooraf gereël word.

Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n skottelgoedwasser, koffiemaker en verskeie ander toestelle vir 'n sorgvrye vakansie. Die sitkamer het gemaklike sitplek en lei na 'n sondek met 'n draagbare braai. Daar is 'n waskamer met 'n wasmasjien en tuimeldroër.

Die eenheid het 'n slim-TV in die sitarea. WiFi is ook beskikbaar.

Die strand is vanaf die groot houtdek sigbaar en slegs 50 m vanaf die kompleks.

Gaste kan die vars Weskus-lug op die sondek geniet en ook die braaigeriewe geniet. Die strande en sandduine is op die eenheid se voorstoep en ideaal vir gaste wat aktief wil wees.

Langstrand is tussen Swakopmund en Walvisbaai, 15 km vanaf albei geleë. Doendinge in die omgewing sluit visvang, kreefduik, branderplankry, skiboot-visvang, vierwielmotorfiets- en sandplankry op die duine in. Verdere doendinge sluit 'n bootrit, kameelry, gholf of 'n vlug oor die see en duine in.

Avontuurlustige gaste kan valskermsweef en abseil. Swakopmund en Walvisbaai het albei talle lekker restaurante om van te kies, en bied verskeie doendinge.

Eric's Cove is 'n restaurant langs die strand, slegs 2 minute se stap vanaf die eenheid. Dié restaurant het oesters en sjampanje op die spyskaart. Daar is 'n veilige strand, 'n getypoel en 'n speelarea vir kinders reg voor die restaurant.

Gaste kan na hul maaltyd op die jetty gaan stap.

Let wel dat daar 'n onaktiewe konstruksieperseel langs die instansie is. Dit blokkeer nie die see-uitsig nie. Daar is geen konstruksiewerkers op die perseel nie.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 4 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Stroomdienste
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Cobus H
Gesin met tieners
5.0
Baie aangename eenheid om in te bly. Sal definitief aanbeveel. Fantastiese eenheid. Definitief huis weg van die huis af.
Jul 2025
Jessica L
5.0
Rustig. Veilig. Heerlik. Dit was netjies en veilig, stunning views en die in klok was vinnig en maklik.
Jun 2025
Ronel V
Saam met vriende
5.0
Perfek. Alles was perfek. Dankie vir alles!
Jun 2025
Reney J
Saam met vriende
5.0
Dit was hemels, veral as die son in die aand tussen die palms in die see wegsak. Hierdie is 'n lieflike plek met alles wat jy kan dink om nodig te hê....
Sien meer
Apr 2025
Nadia M
Gesin met tieners
5.0
Awesome views. Excellent! Very relaxing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Robert Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 22

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Eersteweg, 14 Lalandi Complex, Langstrand, Erongo
  • Gaste dink Lalandi Unit 14-Beach Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 800
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 1 800
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eersteweg, 14 Lalandi Complex, Langstrand, Erongo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc56539255786e0deff498d5dc8d5d273d134269977009d71b9c7efae20d0aecc62dce0e9a8b862ca64623712ac354dba6289?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense 19 5 1 5 Eersteweg 14 Lalandi Complex Erongo 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -22.811088637858 14.544229245369
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang