Successfully reported
+33

Lalani B&B and Self-catering Cottages

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: E12 Zeekoegat, Kleinkuisrivier Road, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Lalani B&B and Self-catering Cottages is op 'n kleinhoewe net buite die lieflike plattelandse dorpie Riversdal geleë en bied gerieflike verblyf in 'n rustige omgewing, omring deur groen bome en welige tuine.

Verblyf word gebied in smaakvol versierde, en suite-tweepersoonskamers en dubbelkamers met aparte en privaat ingange. Die kamers is toegerus met elektriese komberse vir daardie koue nagte, plafonwaaiers vir daardie warm somersdae, tee- en koffiemaakgeriewe, TV's met sekere DStv-kanale, yskassies en WiFi-internettoegang. Gaste kan soggens 'n heerlike ontbyt geniet, en tuisgemaakte aandetes is op versoek beskikbaar. Gaste het ook toegang tot braaigeriewe.

Nuut by Lalani is 2 selfsorgkothuise. Dié kothuise het twee slaapkamers, 'n badkamer met stort, sit- en eetarea asook 'n kombuisie. Braaigeriewe is ook beskikbaar vir die kothuise.

Jou vriendelike gashere, Jurie en Suzette, kan restaurante in die omgewing aanbeveel, en vir jou besprekings maak. Gaste word genooi om plattelandse lewe en 'n ware plaaservaring te geniet waar skape wei en die inwonende Border Collies die skape oppas. Die dorpie Riversdal is net 40 kilometer van Stilbaai af. Gaste kan staproetes teen die Slapende Skoonheidberg en besoeke aan die Korentepoortdam geniet.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Sharon J
Saam met lewensmaat
5.0
Really enjoyable. Very peaceful and comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Thomas D
Saam met lewensmaat
5.0
Gasvry en vriendelik. Heerlik geslaap en lekker gebly.
Aug 2025
Danica V
Gesin met klein kinders
5.0
Vriendelike diens, skoon en netjiese kamers, baie dankie. Sien sterre.
Aug 2025
Jessica V
Gesin met klein kinders
5.0
Warm en lekker. Alles was netjies en die mense was vriendelik. Hulle het ons baie welkom laat voel.
Jul 2025
Albertus K
Saam met lewensmaat
5.0
Lekkerste slaapplek met netjiese en skoon geriewe. Baie pragtige huisie in die hoewe gebied buite Riversdal met 'n lekker plaas atmosfeer. Gasvrou en ...
Sien meer
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Suzette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • E12 Zeekoegat, Kleinkuisrivier Road, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lalani B&B and Self-catering Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: E12 Zeekoegat, Kleinkuisrivier Road, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFiODhlYzc0LTdkMGYtNDVjMC1iN2NjLTk0NjIwNzBlOWM3YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 44 5 1 5 E12 Zeekoegat Kleinkuisrivier Road 6670 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.080371074097 21.271202266216
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang