Successfully reported

Langenhoven B&B

Gastehuis

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 199 resensies

Goed

Netheid
3.9
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.0
Veiligheid
4.2
Chris H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2025

Waarde vir geld; puik veilige ligging. Rustige tyd gehad.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Malinda J
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Skoon, netjies. Netjiese kamers, goeie diens. 'n Goeie plek om te oornag as jy op 'n lang reis is. Die swembad is heerlik in Oudtshoorn se hitte. Heerlike ontbyt!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Janique V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Lovely stay over. Ina was a wonderful host. The breakfast was really lovely and good value for money. We enjoyed the time at the pool.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Leon H
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jul 2025

Voldoende vir ons behoeftes. Eienaar was baie tegemoetkomend met ons fout met datums, het ook 'n plan gemaak vir ons wat 'n karavaantjie saamgesleep het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Cathleen H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Apr 2025

Gemaklik en veilig. Baie vriendelik ontvang. Netjies en skoon. Ons enigste probleem was parkering. Nie definitiewe parkering nie, word vasgeparkeer.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Colin B
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Jan 2025

Pleasant. Pleasant. Although breakfast is part of the tariff, no effort was made to provide the breakfast prior to our earlier departure.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Suzanne S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Apr 2025

Goeie waarde. Ons het gemaklik gebly, parkering is werklik 'n probleem, veral in hoogseisoen soos KKNK.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Laetitia P
Kort verblyf
3.6
Mrt 2025

Het slegs hier oornag vir 2 aande so kan nie regtig die etes ens. beoordeel nie. Verblyf was ok, maar parkering is 'n probleem aangesien die ingang baie nou is.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Louis D
1 nag
3.4
Jul 2025

Heerlike ontbyt. Stortdeur is stukkend.

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Ina
Langenhoven B&B
Jammer daaroor. Sou dit waardeer as u die oggend my verwittig het daarvan. Dit is die rollertjie wat uitgehak het. Intussen herstel. Groete

Veronica E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.2
Apr 2025

Sal nie weer gebruik nie. Ons was teleurgesteld in die verblyf. In die eerste plek was die eienaar van die gastehuis ongeduldig met ons omdat ek besig was met 'n oproep toe ons daar aangekom het en nie dadelik ingekom het toe ons gestop het nie. Toe ons binnekom, het sy besonderhede voltooi en ons gevra of ons ontbyt in die oggende wil hê. Ons was bietjie uit die veld geslaan omdat sy dit vir ons gevra het aangesien ons aanvanklik gedink het ontbyt is ingesluit by ons verblyf. Met hierdie vraag het ons toe aangeneem dat ons die bespreking seker verkeerd verstaan het en het toe gesê ons sal die ontbyt die volgende oggend probeer. Die tyd wat ons ooreengekom het vir ontbyt was vir 08:00. Toe ons die volgende oggend net na 08:00 daar instap vir ontbyt, het sy 'n opmerking gemaak dat ons vroeg is. Ons het toe nie reëlings getref vir ontbyt vir die volgende twee dae nie, aangesien ons gevoel het ons sal dan maar elders ontbyt gaan eet. Toe ons drie dae later die sleutels gaan inhandig voor ons ry, het ons genoem dat ons nog vir die ontbyt van die eerste dag moet betaal. Ons is toe meegedeel deur een van die werknemers dat die ontbyt ingesluit was. Toe ons vra wat dan van die ander twee dae wat ons nie ontbyt gehad het nie, het sy die eienaar geroep. Sy het toe vir ons gesê dat ons nooit teruggekom het na haar toe om te sê ons wil weer ontbyt hê nie. Haar woorde aan ons was dat die ontbyt is verniet, ons kon dit kry as ons wou. Sy het egter nooit met ons aankoms dit genoem nie, sy het dit eerder op 'n manier gestel waarin ons gereken het dit is additioneel indien ons dit sou wou nuttig. Die swembad is heeltemal onbruikbaar, dit is nie net groen nie, dit is pikswart van baie maande se vuilgoed wat nooit skoongemaak is nie. Die tafel onder die afdak by die swembad is ook baie vuil wat mens glad nie wil gebruik nie. Die yskas het nie 'n reël in die deur nie, wat beteken mens kan niks in die deur sit om koud te maak nie. Verder is al die elektriese drade in een van die kassies in die (kombuis) area, die deur kan om hierdie rede nie toe maak nie. Daar is geen opwasgeriewe vir die koppies en glase nie, mens moet of die badkamer se geriewe gebruik daarvoor of jou vuil koppie/glas gebruik as jy dit 'n tweede keer wil gebruik. Die een bedlampie het nie gewerk nie. Parkering is 'n probleem, want daar is net genoeg parkering vir 4 karre en indien mens een van die voertuie voor is of naaste aan die gebou, moet jy eers mense laat roep om hulle voertuig te kom skuif.

Netheid
4.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0
Ina
Langenhoven B&B
As iemand aan my sê dat hulle eers ons ontbyt sal probeer en dan besluit of hulle verder dit hier sal eet en ek dan nie weer verder van hulle hoor nie, neem ek aan hulle verkies om elders ontbyt te eet. Gaste ontvang in hul kwotasie 'n nota wat duidelik sê dat net by kamers 3 en 6 nie ontbyt ingesluit is nie, aangesien gaste wat baie vroeg vertrek die kamers bespreek. Ek het aan al my gaste verduidelik dat ons 'n reënstorm gehad het en die modder van die helling afgespoel het en van dit in my swembad beland het. Swembad dienste het 'n chemikalie gegee wat eers moes bly vir 'n paar dae sodat die modder kon afsak voordat hulle dit uitsuig. Al my ander gaste het dit verstaan. Die dame het aangedring op 'n refund vir die 2 dae wat hulle nie ontbyt kom eet het nie, en ek kon dit nie doen nie. Ons verhuur 7 kamers en het 8 parkeerplekke. Al probleem is hulle kom en gaan deur die dag en aand, so ek kan nie 'n vaste parkeerplek aan hulle toe sê nie.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Ina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 199

Op LekkeSlaap 16 jaar

Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 124 Langenhoven Road, Wesbank, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZlZjg2MDBmLTA4OTUtNDhjNi04MGYxLTJlOGM5NGFkOWFhZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 199 5 1 4 124 Langenhoven Road Wesbank 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 11:00 -33.601111110238 22.207857817411
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang