Successfully reported
+69

Lavender Hill Country Estate

Gastehuis
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 70 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N5, Bethlehem, 9700, Vrystaat
  • Vanaf R2 300 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Lavender Hill Country Estate is net 5 minute se ry vanaf Bethlehem op pad na Harrismith en Clarens. Aangesien die poskaartmooi Clarens en Golden Gate net om die draai is, is hierdie landgoed ideaal vir oornaggaste of 'n naweekwegbreek. Die landgoed is naby genoeg aan die dorp vir gerief en tog ver genoeg van die gewemel om rus en vrede te verseker.

Daar is verskeie verblyfopsies om van te kies. Die kamers is almal uniek en smaakvol en het of 'n koninggrootte-bed, 2 enkelbeddens, of 'n koningingrootte-bed. Elke kamer het ook 'n badkamer met 'n stort of bad of albei, en 'n wasbak en toilet. Kraakvars linne en handdoeke word voorsien. Ander geriewe in elke kamer sluit lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale of die volle DStv-pakket, en tee- en koffiemaakgeriewe in.

Die landgoed bied veilige parkeerplek op die perseel en daar is 'n lieflike speelgrond vir kinders. Daar is ook 'n goeie restaurant op die landgoed waar gaste ontbyt en aandete kan nuttig.

Gaste kan die landgoed verken en daar is baie diere om te sien insluitend perde, springbokke, swane, katte, hasies, grondeekhorings en meerkatte.

Die landgoed is net 2,5 km vanaf Bethlehem waar gaste inkopies kan doen. Die Frontier Casino is net 2 km van Lavender Hill af. Gaste kan ook Clarens en Golden Gate besoek wat ongeveer 20 tot 40 minute se ry ver is. Aktiwiteite in die omgewing sluit voetslaanroetes, 'n gholfbaan, uitdagende avonture, kunsateljees en talle koffiewinkels in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Nico-Jan F
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Groot plek met gawe werknemers. Kos uit die boeke!
Sep 2025
Charl V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangename en goed geleë verblyfplek - sal dit beslis aanbeveel. Baie aangename verblyf. Sal dit beslis aanbeveel. Kan doen met bietjie meer belig...
Sien meer
Jan 2025
Elmarie V
5.0
Lieflike verblyf en heerlike kos. Ons het heerlik gebly. Het 'n funksie daar gehad. Die diens en kos was fantasties.
Aug 2024
Andrea E
5.0
Lieflik. Dit was baie lekker en pragtig. Dankie vir 'n lekker ontbyt.
Apr 2024
Brunhilde C
Saam met lewensmaat
4.6
Mooi tuin en oulike grasmaaiers. Ons het heerlik gebly. Alles was gerieflik en skoon.
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Evette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • N5, Bethlehem, 9700, Vrystaat
  • Gaste dink Lavender Hill Country Estate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 2 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 70 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N5, Bethlehem, 9700, Vrystaat
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb9b2bc63ea6ca2bebd526509e020ed99cd211315bbe73a56f9db103a54d52e9358c19830250915c3ea7ba262281095f11580?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 300 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 N5 Bethlehem 9700 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.24728963219 28.353268057108
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang