Le Blue Guest House
- Kapasiteit: 14 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 21 De Mist Circle, Bluewater Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6210, Oos-Kaap
- Vanaf R1 450 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Blouwaterbaai is een van die lekkerste en gerieflikste areas om in te bly as jy in Gqeberha (Port Elizabeth) kuier, of jy nou 'n sakereisiger of vakansieganger is.
Die nuwe Coega-hawe en die industriële ontwikkelingsone is net 'n paar minute se ry hiervandaan en Blouwaterbaai is ook net 'n entjie se ry van Deal Party Deal Party, Markman, Struandale, Korsten en die middestad af. Dít maak van Blouwaterbaai 'n baie gewilde bestemming vir sakereisigers waar hulle in 'n stil, mooi en luukse buurt kan oornag.
Vakansiegangers sal dit geniet te danke aan Blouwaterbaai se ellelange sandstrand en die Swartkopsriviermonding. Daar is dus lekker geleenthede vir swem, hengel en allerhande watersporte.
Al Gqeberha (Port Elizabeth) se geriewe is net 'n kort entjie se ry hiervandaan en die suidelike hek van die Addo Nasionale Olifantpark is net 20 minute se ry van ons af.
Le Blue Guest House is net 'n kort entjie se stap van die strand en rivier af. Dié pragtige blyplek is silwerskoon en bied gerieflike en goed ingerigte B&B-akkommodasie met vriendelike en flink diens wat nie opdringerig is nie.
Soggens kan jy 'n heilsame kontinentale ontbyt in ons gaste-eetkamer geniet en smiddae kan jy in die pragtige swembad afkoel.
Le Blue Gaste Huis bied 8 gerieflike en stylvolle kamers wat elk sy eie ingang na die swembadarea het.
5 van dié kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort en daar is 2 luukse kamers wat elk 'n volledige en suite-badkamer (met 'n bad en stort) vir dié wat lekker in die bad wil ontspan. Daar is ook 'n 2-enkelbedkamer met 'n see-uitsig en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Elke kamer het 'n koningingrootte-bed maar 2 van hulle (1 standaard en 1 luuks) het nog 'n enkelbed vir 'n derde gas.
Elke kamer het gratis tee- en koffiemaakgeriewe, 'n kluis vir waardevolle items, platskerm-TV met DStv, yskassie, haardroër, waaiers en verwarmers.
Ekstra's by Le Blue Guest House sluit gratis internet-, faks- en kopieergeriewe, 'n binnebraai, veilige parkeerplek van die straat af, lughawependeldiens (op jou eie rekening) en 'n wasgoeddiens (op jou eie rekening) in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Jean-Pierre Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- 21 De Mist Circle, Bluewater Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6210, Oos-Kaap
- Gaste dink Le Blue Guest House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 21 De Mist Circle, Bluewater Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6210, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang