Huisie in die bos
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 826 Aster Street, Leeupoort Vakansiedorp, Leeupoort, 0700, Limpopo
- Vanaf R2 000 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Huisie in die bos is 'n selfsorghuis in die eko-vriendelike Leeupoort Vakansiedorp. Hierdie eiendom is binne maklike bereik van die hoofweg op pad na Bela-Bela en Pretoria.
Dié ruim huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het beide 'n dubbelbed en gaste deel 'n badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die ruim leefarea het 'n gerieflike sitkamerstel, 'n TV met DStv, ingeboude braai-area en 'n eetarea. Bykomend, is daar 'n buitebraai en 'n etenstafel. Daar is ook 'n plonspoel of gaste kan op somersdae in die openbare swembad in die dorp gaan swem. Onderdakparkeerplek is vir 2 voertuie beskikbaar.
Die dorp het 'n restaurant, drankwinkel en 'n slaghuis wat binne maklike bereik van die eiendom is. Die vakansiedorp is die tuiste van 'n aantal vrylopende wild, insluitend sebras, vlakvarke, koedoes, njalas, elande en kameelperde.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Pieter Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 22
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 826 Aster Street, Leeupoort Vakansiedorp, Leeupoort, 0700, Limpopo
- Gaste dink Huisie in die bos het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 826 Aster Street, Leeupoort Vakansiedorp, Leeupoort, 0700, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang