Lekker Rus
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3 Scottsville Road, Long Acres Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Lekker Rus is op die Long Acres Country Estate in Langebaan en bied gerieflike selfsorgverblyf aan 4 gaste.
Die huis beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer, kombuis en 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed en 'n uittrekbed. Die kamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n vierplaatgasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas, skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en gaste kan hul maaltye by die toonbank geniet.
Gaste kan ook in die sitkamer met 'n TV met DStv, Netflix, WiFi en 'n binnebraai ontspan.
Daar is parkeerplek in 'n dubbelmotorhuis en dit bied direkte toegang tot die huis.
Hierdie huis het 'n omsetter en gaste kan alle toebehore, ligte, WiFi en die geiser gebruik.
Langebaan bied 'n verskeidenheid aktiwiteite soos vlieërplankry, sweefski, kajakvaar, visvang, gholf, perdry en bergfietsry en besienswaardighede soos die Club Mykonos Casino en die Weskus Nasionale Park.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Johan En Daleen Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 150
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 3 Scottsville Road, Long Acres Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Lekker Rus het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3 Scottsville Road, Long Acres Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang