Successfully reported
+43

Leopard Tree Cottage

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 106 Fourth Avenue, Linden, Johannesburg, 2195, Gauteng
  • Vanaf R1 095 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Leopard Tree Cottage is 'n kompakte en moderne eenheid met 'n rugsteunkragstelsel wat die impak van beurtkrag verminder.

Die kothuis bied selfsorgverblyf op die eienaar se perseel in Linden, 'n woonbuurt in Randburg. Die verblyf is ideaal vir sakereisigers of gaste op soek na gerieflike oornagverblyf naby Sandton, Hyde Park, Rosebank en al die vernaamste snelweë.

Die eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-ontwerp wat bestaan uit 'n slaaparea, kombuisie en aangewese werksarea. Dit het 'n koningingrootte-bed en 'n aparte badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.

Die kombuisie is met 'n vierplaatgasstoof, elektriese oond, mikrogolf, skottelgoedwasser en wasmasjien toegerus. Maaltye kan by die toonbank genuttig word. Die eenheid het ook gemaklike leunstoele, 'n slim-TV, 'n skootrekenaarkluis, genoeg kasspasie en 'n instap-aantrekkamer.

Daar is 'n klein tuinarea met Weber-braaigeriewe wat met houtskool werk en 'n vuurput met sitplek. Hier kan gaste die mooiste sonsondergang geniet.

Veilige parkeerplek vir 1 voertuig is langs die kothuis agter 'n motorhuisdeur beskikbaar. Dit kan bereik word via die eenheid se privaat ingang.

Die ingang van die eenheid is langs die straatwag se houthuisie wat addisionele sekuriteit verseker.

Daar is ook sekuriteitskameras en 'n elektriese heining reg rondom die perseel.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Dirk V
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent value. Our stay was just excellent. We stayed here before and will stay here again. Very well equipped cottage, modern well-e...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Dorothy O
Saam met lewensmaat
5.0
Well equipped, comfortable and clean. Highly recommend. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Gavin D
Saam met lewensmaat
5.0
We thoroughly enjoyed our stay at Leopard Tree Cottage and will be back for sure. Very comfortable, beautifully kitted out and hosts ar...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Dirk V
Saam met lewensmaat
5.0
As advertised and better. Leopard Tree Cottage is located in an attractive green suburb close to a major shopping centre, easy access t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Milinda O
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic. First class. Nice and quiet and beautiful. Loved it.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Charlene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 106 Fourth Avenue, Linden, Johannesburg, 2195, Gauteng
  • Gaste dink Leopard Tree Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 095
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 095
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 095
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 106 Fourth Avenue, Linden, Johannesburg, 2195, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb9a9cadb7ac2a9278e3f13a2d3635616bd02a9e75d36ba5ef24302c6619dabd1903c44a5efefe8f49c2f27615d17914d844c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 095 per nag (plek vir 2) 26 5 1 5 106 Fourth Avenue Linden 2195 Gauteng 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -26.134663970004 27.985749431282

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang