Successfully reported
+15

Le Blues

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 15 John Goussadd Street, Onrus River, 7201, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 900 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Le Blues is in Onrus en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié vakansiehuis het 4 slaapkamers en is geskik vir 10 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en het ‘n en suite-badkamer met slegs ‘n stort. Hierdie kamer is in ‘n aparte woonstel geleë. Die tweede badkamer het 'n stort, bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.

Die sitarea het gemaklike banke, 'n TV met DStv en 'n eetarea met oorgenoeg sitplek. Gratis WiFi word ook voorsien.

Daar is lieflike braaigeriewe.

Die huis het 'n omsetter vir beurtkrag. Gaste sal ongelukkig nie die stoof, oond en die ketel tydens beurtkrag kan gebruik nie, maar daar is 'n gasstoof beskikbaar.

Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien vir maksimum drie voertuie.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

4

2 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Romano C
5.0
Love everything about the house. We enjoyed our stay at Le Blues and will go there again in the future. The swimming pool was nice too.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Paula J
Saam met vriende
5.0
100% recommend anyone to stay here! Super helpful owners and the place was amazing to stay at! I would go back any weekend.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Petra C
5.0
Perfekte vakansiehuis vir familie en vriende. Stunning huis net soos die webtuiste, goed toegerus met alles wat jy kon benodig. Ons het die buite-area...
Sien meer
Apr 2025
Alana J
Saam met vriende
5.0
Relax. Stay was relaxing and everybody enjoyed the pool.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2025
Leoneil G
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Fantastiese naweek met net die beste. Die huis is toegerus.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Claudette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 15 John Goussadd Street, Onrus River, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Le Blues het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 900
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 900
per nag (plek vir 10)
Vanaf
R 2 900
per nag (plek vir 10)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 15 John Goussadd Street, Onrus River, 7201, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3e3b1caeeadd0b209e2cb6f6c0f292c98da50c5ec6de99af93d2951afb577d695b61a7521b564914ced7019b4f2ae3c3130d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag (plek vir 10) 34 5 1 5 15 John Goussadd Street Onrus River 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 11:00 -34.41017033431 19.17705836509
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang