Successfully reported
+19

Linda's Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 17:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 de Jager Street, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Linda's Guest House bied gerieflike verblyf met verhit-en-eetgeriewe vir gesinne en vriende in 'n stil gedeelte van Colesberg, naby die N1 tussen Skietberg en Coleskop. Colesberg is in die Karoo in die Noord-Kaap en is ideaal vir reisigers wat op soek is na 'n sentrale rusplekkie.

Verblyf is beskikbaar in 2 kamers. Kamer 1 het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens en daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer het ook 'n yskas-vrieskas, ketel, tee- en koffiemaakgeriewe, beskuit, 'n mikrogolf, 'n TV met plaaslike kanale en al die nodige eetgerei en breekware. Braaigeriewe word ook voorsien en daar is veilige parkeerplek op die erf.

Kamer 2 het 'n dubbelbed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer het 'n yskas-vrieskas, ketel, tee, koffie en beskuit, 'n mikrogolf, eetgerei en breekware en 'n TV met plaaslike kanale. Daar is ook braaigeriewe en veilige parkeerplek is beskikbaar op die erf.

As jy 'n rukkie langer hier vertoef beveel ons jou aan om van die interessante plekke, soos die Anglo-Boereoorlogperseel, te besoek en die historiese geboue en museum te voet, of per fiets, te verken.

Daar is 'n hele paar goeie restaurante naby aan Linda's vir besoekers wat nie self wil kosmaak nie - die restaurante lewer selfs geregte af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 281 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Ockert V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker by Linda gekuier. Ons het die verblyf en netheid geniet. Beveel aan vir toekomstige reisigers.
Aug 2025
Abrie B
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het heerlik geslaap. Ons sal weer daar oornag. Is 'n wonderlike gasvrou. Sy het ons vriendelik ontvang en tuis laat voel. Die kamer, badkamer ens....
Sien meer
Apr 2025
Craig F
Besigheidsreis
5.0
Hassle free and perfect all round. In short, excellent thank you.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Elize T
Saam met lewensmaat
5.0
Goed toegerus. Baie lekker, rustig.
Feb 2025
Anja B
Saam met lewensmaat
5.0
Tuisgevoel. Regte hartsmens Tannie Linda, mens laat voel soos familie en heerlik oornag en lekker yskoud met aircon in die hittegolf.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 281

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 10 de Jager Street, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Gaste dink Linda's Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 17:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 de Jager Street, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA393dd7cf1c75b2c0c236af5f7705e606890a48c1972e6a6cbaace13e041537e60d763cc9cdea5144e38398b078ad4ea18ec2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 281 5 1 5 10 de Jager Street Colesberg 9795 Noord-Kaap 021 201 8901 17:00-22:00 10:00 -30.728292910864 25.08903846096
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang