Successfully reported
+23

Little Haven

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Main Street, St Helena Bay, 7382, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 452 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Little Haven is 'n knus selfsorgvakansiehuis in die hartjie van St. Helenabaai. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n kuswegbreek, aangesien dit stapafstand vanaf Shelley Point Hotel and Spa en die strand geleë is.

Dié kothuis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 'n slaapkamer, solderkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer op die onderste verdieping het 'n dubbelbed en 'n dubbelslaapbank wat vir 'n kind geskik is. Die solderkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is, en daar is 'n toonbank met stoele. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Dié ruimte het ook 'n binnebraai.

Die skuifdeure lei na 'n onderdakstoep met sitplek en 'n Weber-braai waar gaste kan ontspan. Hierdie kothuis is naby die strand, rotspoele en is ongeveer 8 km vanaf Paternoster.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

4

1 x Dubbelbed

1 x Kinderbank vir 2

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.4
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Gavin W
Gesin met tieners
5.0
Fantastic, safe, clean, friendly neighbours, awesome man, awesome. Ek het lekker geslaap, gekuier, gebraai. Alles was uitgesort. Rustig, veilig en vri...
Sien meer
Jun 2025
Ronel S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker en sal weer wil kom. Ja, ons het baie lekker gebly. Baie gerieflik, skoon en veilig. Dit was net 'n bietjie onduidelik oor die ligging – d...
Sien meer
Mrt 2025
Anthony H
Gesin met klein kinders
5.0
Was definitely a great place to stay, everything you need is equipped with. Enjoyed every minute of it. Beautiful place to get away fro...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Lucian P
Saam met vriende
5.0
Relaxing. Very tranquil, peaceful and relaxing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Desmond K
Gesin met klein kinders
4.6
Vir die kids was dit fantasties, hulle het hulself geniet en beveel weer om daar. Dit was vir ons die ideale plek, rustig, skoon oord en respekvolle m...
Sien meer
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Sune Geverifieer

Eiendomme 16

Resensies 110

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 10 Main Street, St Helena Bay, 7382, Wes-Kaap
  • Gaste dink Little Haven het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 452
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 452
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 452
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Main Street, St Helena Bay, 7382, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA15d545ee8ad17d92dba8d9b277450382cf2b207767b6e04bbe72e31397913dcdfdd5f611082bfb88572dbb6ce0fb18b47a55?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 452 per nag (plek vir 6) 8 5 1 5 10 Main Street St Helena Bay 7382 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.70741831749 17.973064213791
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang