Lodge 91 @ Pinnacle Point
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Spekboom Street, Pinnacle Point Estate, Mossel bay, 6500, Wes-Kaap
- Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Lodge 91 @ Pinnacle Point is 'n bekostigbare selfsorghuis op die Pinnacle Point Estate net buite Mosselbaai. Dié veilige landgoed het 'n kampioenskap-gholfbaan, 'n restaurant, kroeg en 'n sitkamer, spa, klubhuis, gimnasium, en 'n swembad.
Pinnacle Point bied beskutte strande al langs 'n asemrowende, 4 km-lange kuslyn met oorvloedige wild, voëls, fynbos, stap- en fietsryroetes. Daar kan nie langs hierdie kuslyn geswem word nie. Pinnacle Point is 400 km vanaf Gqeberha (Port Elizabeth) en Kaapstad, en net 'n halfuur se ry vanaf George Lughawe. Die naaste winkelsentrum is 10 minute se ry van hier af.
Lodge 91 het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers en daar is 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis, -eet en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander twee kamers het elkeen 2 enkelbeddens.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en daar is 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het 'n eetkamertafel met 6 stoele en daar is 'n platskerm-TV met Netflix en WiFi en 'n kaggel in die sitkamer. Die leefarea se skuifdeure lei na die patio met sy ingeboude braaigeriewe, 'n eetkamertafel, stoele, rusbanke, 'n platskerm-TV en 'n yskas-vrieskas.
Die eenheid is naby die swembad en die hoofslaapkamer het 'n uitsig ook die swembad en die see.
Twee voertuie mag voor die lodge in die eenrigtingpad parkeer word. Daar is ook 'n omsetter.
Wees asb. te alle tye bewus van die feit dat daar gesinne in die kompleks woon en dat die kinders rondspeel.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Spekboom Street, Pinnacle Point Estate, Mossel bay, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Lodge 91 @ Pinnacle Point het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Spekboom Street, Pinnacle Point Estate, Mossel bay, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang