Successfully reported

Long Creek Lodge

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Baie goed

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.3
Veiligheid
4.3
Gerda G
1 nag Saam met vriende
4.4
Mei 2019

Nie gedink dat 'n gastehuis met 'n sitkamer, eetkamer en snoekerkamer wat gedeel word met ander gaste kan so aangenaam kan wees nie! Dit is 'n smaakvolle, rustige gastehuis. Dit is nie ons eerste verblyf in Kaapsehoop nie, maar een van die lekkerste. Ek het lankal hierdie gastehuis gesien, maar omdat dit meer 'n moderne gebou is, en groot is, wou ek nie daar bespreek nie. Maar omdat plek skaars is vir kort, vinnige besprekings vir een nag, het ek nie 'n keuse gehad nie! Maar sal teruggaan daarheen. Baie dankie!

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Fanie L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Jun 2019

Heerlik om te woon, maar erg verwarrende aankomsondervinding. Long Creek Lodge is ‘n ware edelsteen afgesien van ‘n fluitende papegaai wat jou vroeg uit die bed gaan fluit en skree. As die papegaai eers wegtrek, het hy nie brieke nie. Dit sal van jou persoonlik afhang of jy dit kan verdra. Ons sal wel weer hier kom oorbly! Gaste wat hier wil kom oorbly moet besef dat die aanwysings wat vooraf aan hulle gestuur word absoluut niks beteken nie. Die adres soos aangestuur bestaan nie. Long Creek Lodge se naam staan nie voor op die gebou nie. Die inboek-proses werk as volg: Gaan na Silver Mist Restaurant en gaan ontvang jou sleutels daar. Silver Mist kan jy vind deur regs te draai by die straat waar die rooi telefoonhokkie op die hoek staan (Kantoorstraat). Ry reguit op teen die bult. Hulle is die laaste gebou op linkerkant bo teen die bult. Daarna ry jy terug na waar die telefoonhokkie is en draai daar regs. Long Creek Lodge is die laaste gebou in Krugerstraat op linkerhand. Hul hek is ook die heel laaste ingang in die straat. Die kamers is nie genommer nie en die voordeur is gesluit. Stap maar daar rond en soek na die vriendelike opsigter wat jou dan sal ontvang en wys waarheen om te gaan.

Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Marita M
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Des 2019

Ons het vir die naweek daar gebly en baie lekker gekuier. Lekker geëet by Misty Mountain. Sien sterre.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Joleen Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 170

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
R 1 600
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 600
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 87 Kruger Street, Kaapsehoop, 1209, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0b10826fbaa312a994a77afdcfe39e01ff81f4c173f115951bc9da5a54911390b6abca398645dac6485cf4376d37e5d08f9a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense 3 5 1 5 87 Kruger Street Kaapsehoop 1209 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.589478352393 30.766864456515

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang